Waag die All Blacks?

Dis soos eind­stryd, sê Leeus

Beeld - - Sakenuus - Ja­mie Ge­or­ge ná die B­rit­se en Ier­se Leeus se se­ge in Wel­ling­ton. Nieu­See­land:

Die All Black-rug­by­keur­ders is nie juis be­kend daar­voor dat hul­le waag nie, maar die span wat Sa­ter­dag in Auck­land in die be­slis­sen­de toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus speel, is ’n be­re­ken­de waag­stuk en kan straks boe­me­rang.

Die 20-ja­ri­ge heel­ag­ter Jor­die Bar­rett, die jon­ger boe­tie van die los­ska­kel Beau­den, is na­der ge­trek. Só ook die groen­tjie­sen­ter N­ga­ni Lau­ma­pe.

Dié twee­tal van die Hur­ri­ca­nes het saam nog net twee wed­stry­de, van die plaas­ver­van­gers­bank af, vir die All Blacks ge­speel.

Voeg hier­by in die te­rug­keer van die lin­ker­vleu­el Ju­li­an Sa­vea, wat vir die eer­ste twee toet­se oor die hoof ge­sien is, en waag­stuk is dalk die woord.

Bar­rett speel heel­ag­ter in Is­rael Dagg se plek, wat te­rug­skuif na reg­ter­vleu­el in die plek van A­ki­ra Io­ne.

Sa­vea ver­vang Wai­sa­ke Na­ho­lo, wat har­sing­skud­ding op­ge­doen het in Wel­ling­ton, maar glo be­skik­baar was.

Lau­mau­pe ver­vang Son­ny Bill Wil­li­ams, wat ge­skors is ná sy skou­er­loop op An­tho­ny Watson in die twee­de toets, wat die Leeus met 24-21 ge­wen het. Voor­langs is die pak be­hou. In­tus­sen sê Neil Jen­kins, voor­ma­li­ge pun­te­ma­sjien van Wal­lis en hulp­af­rig­ter van die Leeus, die groots­heid van die krag­me­ting sal soos ’n Wê­reld­be­ker-eind­stryd wees.

Die Leeus ry ’n golf van self­ver­troue ná hul se­ge in Wel­ling­ton, maar vol­gens Jen­kins weet die spe­lers hul­le sal nou die wed­stryd van hul le­we moet speel om ’n reek­soor­win­ning te be­klink.

“Kyk, ons weet wat op ons wag. Hul­le is ge­wel­dig goed,” het Jen­kins in die va­kan­sie­dorp Qu­een­stown, waar die Leeus die laas­te paar dae voor­be­rei het, ge­sê.

“Hul­le (die All Blacks) ver­loor sel­de. En dis by uit­son­de­ring dat hul­le tuis ver­loor. Al­les is op die spel in dié wed­stryd. ’n Mens kan sê dis ’n Wê­reld­be­ker-eind­stryd. Maar hoe jy ook al dié wed­stryd wil be­skryf, dit gaan ys- lik wees,” sê Jen­kins. Die e­nig­ste Leeu-span wat Nieu-See­land in ’n reeks kon troef, was Car­wyn Ja­mes se span in 1971. Nog ’n on­ge­loof­li­ke stuk­kie ge­skie­de­nis wat teen die Leeus tel, is dat die All Blacks in 1994 laas (teen Frank­ryk) op E­den Park ver­loor het. Ja­mie Ge­or­ge, die Leeus se ha­ker, sê re­kords en sta­tis­tie­ke was van­dees­week glad nie ter spra­ke nie.

“Ek het dit al voor­heen ge­sê: Ons kan nie mee­ge­sleur raak deur die e­mo­sies wat met ’n wed­stryd soos dié ge­paard gaan nie. Ons kan nie be­kos­tig om te dink aan ge­skie­de­nis maak nie.”

Jor­die Bar­rett, Is­rael Dagg, An­ton Lie­nert­Bro­wn, N­ga­ni Lau­ma­pe, Ju­li­an Sa­vea, Beau­den Bar­rett, Aa­ron S­mith, Kie­ran Re­ad (k), Sam Ca­ne, Je­ro­me Kai­no, Sam W­hi­te­lock, Bro­die Re­tal­lick, O­wen Franks, Co­die Tay­lor, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Nat­han Har­ris, Wy­att Croc­kett, C­har­lie Faumuina, S­cott Bar­rett, Ar­die Sa­vea, TJ Pe­re­na­ra, Aa­ron Cru­den, Ma­la­kai Fe­ki­toa.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Leeus slyp in die mooie (maar y­s­e­koue) Qu­een­stown vir Sa­ter­dag se der­de toets teen die All Blacks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.