Ju­ni­or Bok Ju­ar­no storm straks saam

Beeld - - Sakenuus - S­te­phen Nell

Au­gus­tus is 1,84 m lank en weeg ’n ste­wi­ge 111 kg.

Die S­pe­ler van die o.20-Wê­reld­toer­nooi, Ju­ar­no Au­gus­tus, kan straks sy bui­ging vir die S­tor­mers maak in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

Twee van die S­tor­mers se los­voor­spe­lers wat in ver­le­de Sa­ter­dag se se­ge met 40-34 oor die C­hee­tahs ge­speel het – Ko­bus van Dyk en Sik­hum­bu­zo Nots­he – suk­kel glo met knie­be­se­rings.

Dít het die deur vir die 19-ja­ri­ge Au­gus­tus laat oop­swaai om vir die S­tor­mers uit te draf. Die Sun­wol­ves is een van die swak­ste span­ne in die reeks en die S­tor­mers is ook se­ker van ’n plek in die kwart­eind­ron­de, wat hier­die ’n goeie ge­leent­heid maak om ’n jong s­pe­ler soos Au­gus­tus los te laat.

Au­gus­tus, wat 1,84 m lank is en ’n ste­wi­ge 111 kg weeg, sal aan die S­tor­mers ’n fi­sie­ke teen­woor­dig­heid in hul los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie kan bied.

In­dien hy sou op­draf, sal hy die twee­de tie­ner word wat in ’n kort tyd­jie vir die fran­chi­se speel.

Die los­ska­kel Da­mi­an Wil­lem­se (19) het ver­le­de na­week sy op­draf-de­buut teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein ge­maak.

Au­gus­tus en Wil­lem­se was Ju- ni­or Bok-span­maats in Ge­or­gië.

Al is die S­tor­mers die oor­wel­di­gen­de guns­te­lin­ge, gaan hul af­rig­ter, Rob­bie F­leck, na ver­wag­ting van­dag al sy be­skik­ba­re S­pring­bok­ke kies.

Siya Ko­li­si en E­ben Et­ze­beth, on­der­skei­de­lik kap­tein en on­der­kap­tein, kan dalk in die be­gin­span wees na­dat hul­le ver­le­de week ’n blaas­kans ge­kry het.

Die Bok-ha­ker Bon­gi M­bon­ma­bi, wat op die plaas­ver­van­gers­bank was vir die stryd teen die C­hee­tahs, sal na ver­wag­ting ook weer in die be­gin­span wees in Ra­mo­ne Sa­mu­els se plek.

Ag­ter­langs be­hoort Da­mi­an de Al­len­de en EW Vil­joen die sen­ter­paar te wees. Dít na­dat Ju­an de Jongh en S­haun T­ree­by teen die C­hee­tahs on­der­skei­de­lik har­sing­skud­ding en ’n rib­be­se­ring op­ge­doen het.

SP Ma­rais se knie­be­se­ring be­te­ken dat F­leck op heel­ag­ter tus­sen C­heslin Kol­be en Dil­lyn Leyds moet kies.

Kol­be het meer on­der­vin­ding in dié po­si­sie, wat hom die guns­te­ling maak om die nr. 15-trui te dra.

Se­a­be­lo Se­nat­la be­hoort dan die leem­te op die vleu­el te vul. Die voor­ma­li­ge Bok­vleu­el B­jorn Bas­son be­hoort ’n plaas­ver­van­ger te wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ju­ar­no Au­gus­tus by ’n oe­fen­ses­sie in Bell­vil­le.

Da­mi­an Wil­lem­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.