Ge­lant: Bul­le se har­de werk ein­de­lik be­loon

Beeld - - Sakenuus - Co­bus Claas­sen

Lie­wer laat as nooit, sê die Bul­le-heel­ag­ter War­rick Ge­lant wan­neer jy hom uit­vra oor sy span se on­ver­wag­se Su­per­rug­by­se­ge oor die Haaie Vry­dag­aand in Dur­ban.

Die Bul­le het met ho­pe on­der­ne­mings­gees by die Haai­tenk op­ge­daag en met 30-17 ge­se­ë­vier.

Ge­lant het in die pro­ses drie keer ag­ter die tuis­span se doel­lyn gaan draai en on­der­steu­ners daar­aan her­in­ner dat hy een van die groot ge­vaar­man­ne in Suid-A­fri­kaan­se rug­by is.

“Dit is ’n bie­tjie laat (die Bul­le is uit die uit­speel­wed­loop), maar dit is lek­ker om uit­ein­de­lik be­loon te word vir al die har­de werk deur die sei­soen.

“Dit is iets wat ons al lank na­streef en dit was goed vir ons self­ver­troue.”

Ge­lant sê die mees­te Bul­le het ná die Ju­nie-toets­gleuf met nu­we y­wer en e­ner­gie by Lof­tus Vers­feld aan­ge­kom.

Die mees­te spe­lers het vir die S­pring­bok­ke of die Suid-A­fri­kaan­se A-span ge­speel, ter­wyl van die an­der Bul­le aan die tie­ne­toer­nooi in Mau­ri­ti­us deel­ge­neem het.

“Ek dink dit was no­dig dat ons in ’n an­der om­ge­wing kom om ’n bie­tjie per­spek­tief te kry.

“Al die ou­ens was oor­ge­haal om goed teen die Haaie te speel en die uit­da­ging is om dit nou voort te sit in ons laas­te twee wed­stry­de.”

Die Bul­le kom Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld teen die Sout­hern Kings te staan.

“Dit is lek­ker om met meer self­ver­troue te speel. Ons is dit aan ons on­der­steu­ners en ons- self ver­skul­dig.”

En wan­neer laas het hy ’n drie­kuns soos Vry­dag­aand s’n ge­vier?

“Jis, ek kan nie ont­hou wan­neer laas ek ’n drie ge­druk het nie. Dit is skaars die sei­soen, maar dit is al­tyd lek­ker.”

Daar word ná die 22-ja­ri­ge boor­ling van Knys­na se ver­to­nings die laas­te ruk weer van hom as ’n toe­koms­ti­ge S­pring­bok ge­praat.

Ge­lant gooi vin­nig wal en sê be­skeie hy dink nog nie aan toets­rug­by nie.

“Ek sal graag eers net by die Bul­le ’n ver­skil wil maak. In Su­per­rug­by moet jy be­sten­dig wees en el­ke na­week so kan speel.

“Jy gaan nooit ’n per­fek­te s­pe­ler wees nie. Daar is baie waar­aan ek nog moet werk. Ek glo jy moet aan jou swak­pun­te skaaf, maar nie jou sterk­pun­te in die pro­ses ag­ter­weë laat nie.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Dun­can Mat­thews (links) en Jan Ser­fon­tein (nr. 12) wens Vry­dag­aand vir War­rick Ge­lant ge­luk na­dat hy een van sy drie drieë teen die Haaie in Dur­ban ge­druk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.