C­hee­tah gans te gou in sy spo­re ge­stuit

Beeld - - Sakenuus - O­wen Kock

’n So­veel­ste stamp teen die kop het daar­toe ge­lei dat die C­hee­tahs se veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler Mi­cha­el van der S­puy sy ste­wels moes op­hang.

Sy Su­perS­port-wed­stryd vir die Vry­staat-vyf­tien­tal teen die Haai­e­vyf­tien­tal ver­le­de maand in Bloem­fon­tein was sy laas­te. Hy was in die laas­te 20 mi­nu­te plaas­ver­van­ger-heel­ag­ter. Hy is be­seer toe hy die vleu­el Sbu N­ko­si ge­lak het.

Van der S­puy (26) sê dis ’n groot skok, want hy het ver­wag om min­stens nog ’n paar jaar rug­by te speel. Hy het lank met sy des­tyd­se dok­ter by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, Ja­son Su­ter, en die C­hee­tahs se span­dok­ter, Ru­di de Wet, ge­sels voor­dat hy be­sluit het om sy loop­baan kort te knip.

Van der S­puy het Ja­nu­a­rie in Zim­bab­we in ’n op­war­mings­wed­stryd vir die C­hee­tahs teen die S­tor­mers ook har­sing­skud­ding op­ge­doen. Spe­si­a­lis­te het la­ter be­paal dat hy weer mag speel.

“Dit is ’n baie moei­li­ke si­tu­a­sie, maar die dok­ters het ge­sê dit gaan hier oor my ge­sond­heid op lang ter­myn. Ek het se­ker al meer as 15 keer in my loop­baan har­sing­skud­ding op­ge­doen. Dit ge­beur nou mak­li­ker, som­mer van klei­ner stam­pe af, en die simp­to­me neem lan­ger om weg te gaan. Hoe­wel dit moei­lik was om te aan­vaar, het ek geen an­der keu­se nie,” sê Van der S­puy.

Hy het hom in­tus­sen by die af­rig­ting­span van die Vry­staat­se o.21-span aan­ge­sluit.

“Niks is nog ge­fi­na­li­seer nie, maar ek praat met die u­nie oor die moont­lik­heid om by af­rig­ting be­trok­ke te raak. Ek wil graag help en ’n ver­skil maak.”

Die oud­leer­ling van G­rey-kol­le­ge se loop­baan het by die WP be­gin voor­dat hy by G­rie­kwas gaan draai en toe vir die Vry­staat uit­ge­draf het. Sy bes­te her­in­ne­ring was om die Cur­rie­be­ker in 2014 saam met die WP te wen. Hy het 36 wed­stry­de vir die S­treep­truie ge­speel, vier vir die S­tor­mers, ne­ge vir G­rie­kwas, drie vir die Vry­staat-C­hee­tahs, ses vir die Vry­staat 15-tal en 18 vir die C­hee­tahs. ) Die Ma­ties se Var­si­ty­be­ker-kap­tein en flank, Bey­ers de Vil­liers (25), het in Fe­bru­a­rie sy uit­tre­de weens har­sing­skud­ding aan­ge­kon­dig.

Die Ki­wi-slot Ja­mes Bro­ad­hurst (29) wat in slegs een toets in 2015 teen die S­pring­bok­ke ge­speel het, het in A­pril sy ste­wels op­ge­hang na­dat hy ook ge­suk­kel het om van har­sing­skud­ding te her­stel.

Die Haaie se S­pring­bok-los­ska­kel Pat Lam­bie (26) se toe­koms is ook in die ge­drang na­dat hy die laas­te 18 maan­de drie keer har­sing­skud­ding op­ge­doen het. Die All Black-heel­ag­ter Ben S­mith be­vind hom in die­self­de boot­jie as Lam­bie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.