Kings be­rei by Sun Ci­ty voor vir Bul­le

Beeld - - Sakenuus - Mi­cha­el G­reen

Daar is nie ’n te­kort aan “po­si­tie­we e­ner­gie” in die Sout­hern Kings se kamp ná hul se­ge met 31-30 die af­ge­lo­pe na­week oor die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res nie.

“Dié se­ge oor wat eint­lik die Ar­gen­tyn­se na­si­o­na­le span is, het die span goed ge­doen,” sê De­on Da­vids, Kings se hoof­af­rig­ter. “Dis nie mak­lik om in Ar­gen­ti­nië te wen nie. Dis ’n lang, uit­put­ten­de reis, so ek is baie trots op wat die man­ne ver­mag het.”

Dis juis om din­ge vir sy span te pro­beer ver­ge­mak­lik dat Da­vids be­sluit het dat die Kings hier­die week by Sun Ci­ty vir hul krag­me­ting Sa­ter­dag met die Bul­le in P­re­to­ria voor­be­rei. Die Kings het nie eens te­rug­ge­keer Port E­li­za­beth toe ná hul Ar­gen­tyn­se uit­stap­pie nie. Da­vids hoop die voor­be­rei­ding by Sun Ci­ty sal help dat sy spe­lers oor hul vlug­voos­heid kom en vir die wed­stryd in die bin­ne­land sal help ak­kli­ma­ti­seer.

“Daar was heel­wat po­si­tie­we din­ge uit die wed­stryd teen die Ja­gua­res waar­op ons teen die Bul­le moet bou,” sê Da­vids.

“Ons het teen die Ja­gua­res goed be­gin, maar toe fou­te be­gaan.”

Van die flink han­teer­werk waar­mee die Kings hier­die sei­soen uit­ge­blink het, was daar te min ge­sien teen die Ar­gen­ty­ne.

Da­vids was bly dat sy spe­lers “koel­kop” ge­bly het toe hul­le ag­ter ge­loop het.

“Die im­pak van die plaasvervangers was ook baie goed,” sê hy.

In dié op­sig het hy die slot Gi­ant M­ty­an­da, wat net voor rus­tyd by Wil­helm van der Sluys oor­ge­neem het, uit­ge­son­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.