Pe­tra se droom ver­y­del

Beeld - - Sakenuus - Ma­ri­zan­ne Kok

Die Wim­ble­don-ten­nis­spro­kie waar­op die T­sjeg Pe­tra K­vi­to­va ge­hoop het, het gis­ter soos mis voor die son ver­dwyn toe sy in die twee­de ron­de uit­ge­ska­kel is.

Die elf­de ge­keur­de K­vi­to­va, ’n twee­ma­li­ge Wim­ble­don­kam­pi­oen, het in net haar twee­de toer­nooi ge­speel se­dert sy ver­le­de De­sem­ber in haar huis met ’n mes in die hand ge­steek is. Sy het ge­hoop vir ’n goeie toer­nooi, maar dis ver­y­del deur die A­me­ri­ka­ner Ma­di­son B­rengle.

B­rengle was met 6-3, 1-6, 6-2 baas.

Waar dit vir K­vi­to­va ’n dag was om te ver­geet, was gis­ter ’n son­skyn­dag vir B­rit­se ten­nis, met vier van hul spe­lers wat ge­wen het.

Die gas­heer­na­sie sal vir die eer­ste keer in 20 jaar vier spe­lers in die laas­te 32 hê, en kan boon­op met ’n vyf­de spog as Ky­le Ed­mund van­dag oor Ga­el Mon­fils se­ë­vier.

Die in­druk­wek­kend­ste van die B­rit­te was die wê­reld se voor­ste mans­spe­ler, An­dy Mur­ray, wat in ’n jap­trap met Duits­land se Dus­tin Bro­wn klaar­ge­speel het.

Bro­wn het die wê­reld twee jaar ge­le­de laat reg­op sit toe hy Ra­fa­el Na­dal in die eer­ste week van Wim­ble­don uit­ge­knik­ker het, maar nog so ’n suk­ses teen Mur­ray het nooit waar­skyn­lik ge­lyk nie.

Die S­kot het uit die staan­spoor kat en muis met Bro­wn ge­speel en uit­ein­de­lik bin­ne net 96 mi­nu­te met 6-3, 6-2, 6-2 ge­klop. Hy het 31 wen­houe ge­slaan, teen­oor Bro­wn se 30, en vyf on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan, teen­oor die Duit­ser se 28.

He­at­her Watson was die eer­ste suk­ses­vol­le B­rit van die dag. Sy het bin­ne 61 mi­nu­te met 6-0, 6-4 met die 18de ge­keur­de Let­lan­der A­na­sta­si­ja Se­vas­to­va klaar­ge­speel het.

Waar sy ’n mak­li­ke dag ge­had het, moes haar land­ge­noot Jo Kon­ta klip­pe kou.

Kon­ta moes diep delf om die on­ge­keur­de Don­na Ve­kic met 7-6 (7/4), 4-6, 10-8 te ver­slaan. Die uit­slag was tot in die dood­snik­ke in die weeg­skaal, en dit was geen ver­ras­sing nie dat Ve­kic be­traand en te­leur­ge­steld kleed­ka­mers toe is.

Watson se vol­gen­de teen­stan­der is die Be­lo-Rus Vic­to­ria A­za­ren­ka, wat nog ’n tree vo­ren­toe ge­gee het in haar stre­we om die eer­ste ma in 37 jaar te word wat die Wim­ble­don-kroon wen.

A­za­ren­ka, wie se seun, Leo, nou ses maan­de oud is, het die 15de ge­keur­de E­le­na Ve­sni­na met 6-3, 6-3 in die twee­de ron­de ver­slaan. Ve­sni­na het ver­le­de jaar die half­eind­ron­de ge­haal, maar is dié keer ge­knie­hal­ter deur ’n heup­be­se­ring.

A­za­ren­ka is in net haar twee­de toer­nooi in ak­sie se­dert die ge­boor­te van haar seun. Die twee­ma­li­ge Aus­tra­lie­se Ope-kam­pi­oen kon nog nie ver­der as die half­eind­ron­de by Wim­ble­don vor­der nie, maar is vol moed in ’n jaar waar geen Se­re­na Wil­li­ams of Ma­ria S­ha­ra­po­va speel nie.

Kei Nis­hi­ko­ri is so by­na tot ’n vyf­de stel ge­dwing deur Ser­giy S­tak­ho­vsky van die Oe­kra­ï­ne, maar het sterk ge­staan in die vier­de stel om met 6-4, 6-7 (7/9), 6-1, 7-6 (7/6) te se­ë­vier. Die wed­stryd het 195 mi­nu­te ge­duur en die ne­gen­de ge­keur­de Nis­hi­ko­ri het in ’n sta­di­um swaar ge­trek. Hy het 35 on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan, teen­oor 43 wen­houe.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die B­rit Jo Kon­ta moes gis­ter om­trent swoeg om die on­ge­keur­de Don­na Ve­kic tot oor­ga­we te dwing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.