LeMond sê Sa­gan­straf is te erg

Beeld - - Sakenuus - – Reuters, eu­ro­sport.com

Die Slo­waak­se fiets­ry­er Pe­ter Sa­gan se ap­pèl teen sy dis­kwa­li­fi­ka­sie het op do­we ore ge­val.

Hy is op pad huis toe en sal nie ver­der aan die Tour de Fran­ce mag deel­neem nie.

In ’n dra­ma­tie­se mid­dag Dins­dag is dié wê­reld­kam­pi­oen eers met 80 pun­te en 30 se­kon­des be­boet en daar­na ge­dis­kwa­li­fi­seer. Sa­gan (27) het die B­rit Mark Ca­ven­dish ty­dens die na­el­rit aan die ein­de van die vier­de skof met die elm­boog ge­stamp.

Ca­ven­dish het ’n re­ling hard ge­tref, ge­val en an­der ry­ers laat neer­ploeg. Dié ry­er van die Suid-A­fri­kaan­se Di­men­si­on Da­ta-span het sy sleu­tel­been ge­breek en snye op­ge­doen en moes hom Dins­dag­aand aan die wed­ren ont­trek.

Sa­gan se Bo­ra-Hans­gro­hespan het ap­pèl aan­ge­te­ken. Die In­ter­na­si­o­na­le Fiets­ryu­nie (UCI) sê eg­ter ’n ap­pèl is nie moont­lik nie, be­rig Eu­ro­sport.com.

Sa­gan het gis­ter voor die vyf­de skof ge­sê hy moet die Tour­ju­rie se be­sluit aan­vaar, maar hy stem nie saam nie.

“Ek dink nie ek het in die na­el­rit iets ver­keerd ge­doen nie. Dit is baie sleg dat Mark ge­val het, en dit is be­lang­rik dat hy vol­ko­me her­stel. Ek is jam­mer daar­oor. Dit was ’n ver­stom­men­de na­el­rit.”

Sa­gan het Maan­dag die der­de skof ge­wen.

G­reg LeMond, ’n drie­ma­li­ge Tour-wen­ner, het in­tus­sen ge­sê Sa­gan het nie ver­dien om ge­dis­kwa­li­fi­seer te word nie.

“Hy is ’n ag­gres­sie­we ry­er, maar die straf is te kwaai.

“Som­mi­ge ry­ers hou vas aan ’n mo­tor en hul­le word nie uit­ge­skop nie,” sê LeMond, wat ont­le­dings van die Tour vir Eu­ro­sport doen.

LeMond sê nie al die ge­beu­re is sig­baar op die TV-beel­de nie.

“Daar is ’n deel van die oor­hoof­se beel­de wat on­der ’n boom is. Dit is nie moont­lik om te sien of Cav pro­beer om teen hom te leun nie. Maar ja, Sa­gan se re­ak­sie was oor­dre­we. In ’n na­el­rit pro­beer jy die an­der uit­hou as jy voor is. Na­el­rit­te is baie ge­vaar­lik.”

LeMond ver­dui­de­lik ook dat Sa­gan nie by uit­stek ’n na­el­ry­er is nie en daar­om fou­te kon be­gaan. Sy op­tre­de was eg­ter nie moeds­wil­lig nie, meen hy.

Fo­to: AP

Pe­ter Sa­gan neem die voor­tou in die na­el­rit met Mark Ca­ven­dish wat met Moe­der Aar­de ken­nis maak in Dins­dag se vier­de skof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.