A­ka­ni wil van­aand wraak neem teen Gat­lin

Beeld - - Sakenuus - Wim P­re­to­ri­us

Jus­tin Gat­lin het dalk vir A­ka­ni Sim­bi­ne Dins­dag­aand in Boe­da­pest, Hon­ga­rye, net-net in die 100 m ge­klop, maar as dit van hom af­hang, sal die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen nie som­mer weer ’n ne­der­laag er­vaar nie.

Vol­gens Wer­ner Prins­loo, Sim­bi­ne se af­rig­ter, moet sy at­leet nog sy bes­te peil be­reik en by­een­koms­fiks word.

“Ont­hou dit was die eer­ste keer in drie we­ke dat A­ka­ni deel­ge­neem het,” sê Prins­loo. “Dit is een ding om te oe­fen en iets heel­te­mal Su­net­te Vil­joen (spies­gooi); A­ka­ni Sim­bi­ne (100); an­ders om deel te neem. Dit het daar­oor ge­gaan om sy en­jin weer skoon te kry en van die spin­ne­rak­ke ont­slae te raak.”

Gat­lin het Sim­bi­ne met 0.01 sek. ge­klop, met die A­me­ri­ka­ner wat 9.98 ge­hard­loop het.

Sim­bi­ne het ook aan die 200 deel­ge­neem, waar hy ook twee­de (20.21) ge­ëin­dig het ná die VSA se I­si­ah Young (21.14).

Sim­bi­ne het nie veel tyd om oor die ver­to­nings na te dink nie, Way­de van Nie­kerk (400). want dié Tuks-at­leet sal van­aand aan die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in Lau­san­ne, S­wit­ser­land, deel­neem.

Gat­lin sal weer langs Sim­bi­ne sak, maar dit pla Prins­loo nie.

“Ek sal my geld daar­op ver­wed dat A­ka­ni baie vin­ni­ger in Lau­san­ne sal wees. Hy neem weer deel teen ge­hal­te-teen­stan­ders.”

Vol­gens Prins­loo het Sim­bi­ne net een doel­wit vir die jaar en dis om ’n me­dal­je op die Wê­reld­by- een­koms in Lon­den in Au­gus­tus te ver­o­wer.

“My oe­fen­pro­gram is so ge­struk­tu­reerd om te ver­se­ker dat A­ka­ni sy bes­te peil by die Wê­reld­by­een­koms sal be­reik,” sê Prins­loo.

Dit is van­aand die der­de keer van­jaar dat Sim­bi­ne en Gat­lin me­kaar die stryd aan­sê.

LJ van Zyl en Cor­nel F­re­de­ricks is by die voor­by­een­koms in die 400 m-hek­kies in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.