Froome gaps die geel­trui al ná vyf­de skof

Beeld - - Sakenuus - – bbc.com, le­tour.com

Die Tour de Fran­ce-kam­pi­oen, Chris Froome (Te­am Sky), het in gis­ter se vyf­de skof die geel­trui in van­jaar se weer­ga­we sy­ne ge­maak.

Die 32-ja­ri­ge B­rit het die skof oor 160,5 km, tus­sen Vit­tel tot op die kruin van die La Plan­che des Bel­les Fil­les, in die der­de plek klaar­ge­maak en daar­mee die geel­trui by sy span­maat Ge­raint T­ho­mas oor­ge­neem.

Fa­bio Aru (Te­am Asta­na) van I­ta­lië het die skof in 3 uur, 44 mi­nu­te en 7 se­kon­des ge­wen. Die Ier Da­niel Mar­tin (Quick S­tep) het 16 se­kon­des ag­ter hom in die twee­de plek klaar­ge­maak.

Aru het 2 km voor die ein­de weg­ge­breek om die skof te be­klink.

Froome, Mar­tin en Ri­chie Por­te (BMC Ra­cing Te­am) van Aus­tra­lië se po­ging om Aru in te haal, was ver­geefs.

Froome se al­ge­he­le tyd is 18 uur, 38 mi­nu­te en 59 se­kon­des. Hy word ge­volg deur T­ho­mas (+12 se­kon­des) en Aru (+14).

Die Tour in 2012 is deur Brad­ley Wig­gins en in 2014 deur Vin­cen­zo Ni­ba­li ge­wen na­dat hul­le ook die geel­trui na dié moor­den­de vyf­de skof ge­dra het.

Suid-A­fri­ka se Lou­is Mein- tjes (UAE E­mi­ra­tes), wat be­kend is om sy ver­moë in die ber­ge, het die skof in die 11de plek vol­tooi. Hy het ver­le­de jaar die Tour in die agt­ste plek klaar­ge­maak en sal poog om daar­op te ver­be­ter. Hy be­vind hom nou al­ge­heel in die 13de plek op 1 mi­nuut en 24 se­kon­des ag­ter die voor­lo­per.

Suid-A­fri­ka se Da­ryl Im­pey (O­ri­ca) het van die 38ste tot die 60ste op die al­ge­he­le pun­te­leer af­ge­skuif na­dat hy in die 72ste plek die skof vol­tooi het.

Rein­hardt Jan­se van Rens­burg (Di­men­si­on Da­ta) het die skof in die 105de plek vol­tooi en van die 55ste na die 80ste plek al­ge­heel af­ge­skuif.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die kam­pi­oen, Chris Froome, trek die geel­trui aan ná die vyf­de skof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.