Pro­tea­vroue en En­ge­land sorg vir nu­we wê­reld­re­kord

24 uur

Beeld - - Sakenuus - – Jo­hann de Ja­ger, cri­cin­fo.com

En­ge­land het ’n moe­di­ge Suid­A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span gis­ter sy eer­ste ne­der­laag in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi toe­ge­dien. Hy het ’n lo­pie­fees in B­ris­tol met 68 lo­pies ge­wen.

’n Re­kord­ven­noot­skap tus­sen Tam­my Beau­mont en Sa­rah Tay­lor, wat al­bei hon­derd­tal­le aan­ge­te­ken het, het En­ge­land ge­help om ’n reu­se­to­taal van 373/5 op te sta­pel. SuidA­fri­ka het met 305/9 – sy hoog­ste nog in ’n WB­toer­nooi – ge­ant­woord.

Die al­te­saam 678 lo­pies op die dag is ’n nu­we wê­reld­re­kord.

En­ge­land het daar­mee plek­ke met Suid­A­fri­ka in die der­de plek ge­ruil.

En­ge­land het vroe­ër so by­na ver­be­ter op die 377/7 wat hy in sy twee­de wed­stryd teen Pa­ki­stan aan­ge­te­ken het. Dit was die twee­de hoog­ste in ’n WB­toer­nooi.

Beau­mont (148, 145 b) en Tay­lor (147, 104 b) se 275 lo­pies om die twee­de paal­tjie is die hoog­ste ven­noot­skap nog in ’n WB­wed­stryd en twee­de hoog­ste van al­le tye in ’n kits­wed­stryd. Ma­ri­zan­ne Kapp het met drie paal­tjies van vier bal­le in die 48ste beurt met 3/77 die bes­te on­der die SA bou­lers ge­vaar.

Li­zel­le Lee (72, 77 b) en Lau­ra Wol­vaardt (67, 103 b) het daar­na ’n ste­wi­ge grond­slag van 128 in 25.1 beur­te daar­ge­stel. Na­ta­lie S­ci­ver het Lee ge­boul waar­na T­risha C­het­ty (6) in S­ci­ver se daar­op­vol­gen­de boul­beurt uit­ge­hard­loop is. Die ver­trek van Wol­vaardt en haar kap­tein, Dané van Nie­kerk (9), het Suid­A­fri­ka op 198/4 ge­laat wat die ver­lang­de lo­pie­tem­po ver­der laat klim het. Die voor­ma­li­ge kap­tein Mig­non du P­reez (43, 39 b) en ’n ag­gres­sie­we Chloe Tryon (54, 26 b) kon weer ’n ven­noot­skap – 75 in net 6.4 beur­te – aan die gang kry, maar is kort ná me­kaar uit. Dit was Suid­A­fri­ka se der­de hoog­ste tel­ling van al­le tye en hoog­ste nog in ’n kits­wed­stryd teen En­ge­land.

Die Pro­te­as speel Sa­ter­dag in Lei­ces­ter teen die on­oor­won­ne In­dië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.