Ma­ties ver­niel S­him­las; Puk­ke klop Wits net­net

Beeld - - Sakenuus - – O­wen Kock

Die rug­by­span­ne van die Ma­ties en Puk­ke sal mô­re sa­ke in die eind­stryd van van­jaar se Us­sa­rug­by­week uit­spook, na­dat hul­le gis­ter in Jo­han­nes­burg on­der­skei­de­lik met die S­him­las en Wits af­ge­re­ken het.

Die Ma­ties het net soos ver­le­de jaar gis­ter weer die wol oor die S­him­las se oë ge­trek en hul­le met 50­7 in hul half­eind­stryd af­ge­ran­sel.

Die S­tel­len­bos­sers was rus­tyd met 31­0 reeds in be­heer van dié een­sy­di­ ge wed­stryd.

Vir die Ma­ties het die vleu­el Dun­can Saal en die stut Jo­han van Nie­kerk elk twee drieë ge­druk.

Die flank Wi­land­ré Kot­zen­berg het die S­him­las se e­nig­ste drie ge­druk.

Die Puk­ke het in die an­der half­eind­stryd die gas­heer met 19­13 ge­klop. Wits het die wed­stryd met 14 spe­lers klaar­ge­maak na­dat die flank Co­nor Brock­schmidt met ’n rooi­kaart af­ge­stuur is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.