SA die bui­te­perd in toets op Lord’s

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg Waar­skyn­li­ke span­ne: En­ge­land: Suid­A­fri­ka: Ses­sies (SA tye): TV:

’n Ui­ters on­er­va­re Pro­tea-kolf­lys teen ’n paar aan­vangs­bou­lers met meer as 800 paal­tjies ag­ter hul naam bring mee dat Suid-A­fri­ka van­dag die bui­te­perd is wan­neer die toets­reeks teen En­ge­land op Lord’s in Lon­den be­gin.

Slegs twee le­de van die Pro­te­as se ver­wag­te top­se­we-kol­wers – Hashim Am­la en JP Du­miny – het al voor­heen toets­krie­ket in En­ge­land ge­speel.

In teen­stel­ling hier­mee is die swaai­bou­ler Ja­mes An­der­son die groot­ste paal­tjie­vraat in die ge­skie­de­nis van En­gel­se k­rie­ket met 467 slag­of­fers in 122 toet­se, ter­wyl sy aan­vangs­maat, S­tu­art Bro­ad (367 paal­tjies in 102 toet­se), net 16 paal­tjies kort om Ian Bot­ham (382) in die twee­de plek ver­by te steek.

Hul­le is ’n uit­ge­sla­pe paar wat op hul al­ler­bes­te in En­gel­se toe­stan­de is en deur­win­ter­de Suid-A­fri­kaan­se span­ne op vo­ri­ge toe­re in 2008 en 2012 hoof­bre­kens be­sorg het.

En as­of dit nie erg ge­noeg is nie, het die der­de lid van die bou­l­aan­val, Mark Wood, SuidA­fri­kaan­se kol­wers met sy vaart en ag­gres­sie in wit­bal­stry­de vroe­ër op dié toer ge­pla. Hy het Am­la in die een­dag­reeks met ’n he­wi­ge slag teen die kop­skerm ge­tref en sal van mening wees dat hy die Pro­te­as kan ont­se­nu.

En­ge­land se links­draai­er, Li­am Daw­son, sal straks min- der ge­vaar in­hou as die naat­bou­lers. Hy blyk ’n bou­ler te wees wat lo­pies in be­dwang kan hou, eer­der as ’n paal­tjie­vraat.

En­ge­land het na­tuur­lik die luuk­se dat hy dank­sy uit­ste­ken­de veel­sy­di­ge spe­lers die eer­ste toets met ses bou­lers kan be­tree. Ben S­to­kes en Moeen Ali sal be­slis al­bei met die bal ’n rol in die toets speel.

Aan die Suid-A­fri­kaan­se kant gaan Hei­no Kuhn sy de­buut maak, ter­wyl T­heu­nis de Bruyn waar­skyn­lik die twee­de keer vir die Pro­te­as gaan diens doen. Kuhn (33) is goed op dreef en het goeie ver­to­nings vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span op sy En­gel­se toer ge­le­wer.

Hy het ’n on­oor­won­ne 200 teen Hamps­hi­re vir SA A ge­slaan en dit met 105 teen die En­gel­se Li­ons op­ge­volg. In die Pro­te­as se op­war­ming s wed­stryd ver­le­de na­week, teen die ein­ste Li­ons in Wor­ces­ter, het hy weer met ’n on­oor­won­ne 80 uit­ge­blink. De Bruyn het eg­ter ’n nul­le­tjie ge­kry.

Daar sal dus groot druk op die Pro­te­as se er­va­re man­ne wees om hand op te steek.

Am­la sal die rots in die Pro­te­as se kolf­lys moet wees en as Joe Root en sy mak­kers hom goed­koop kan uit­haal, sal SA gou in die moei­lik­heid wees. Alas­tair Cook, Ke­a­ton Jen­nings, Ga­ry Bal­lan­ce, Joe Root (k), Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes, Moeen Ali, Li­am Daw­son, S­tu­art Bro­ad, Ja­mes An­der­son, Mark Wood. De­an El­gar (k), Hei­no Kuhn, Hashim Am­la, JP Du­miny, Tem­ba Ba­vu­ma, T­heu­nis de Bruyn, Quin­ton de Kock, Ver­non P­hi­lan­der, Kes­hav Ma­ha­raj, Ka­gi­so Ra­ba­da, Mor­né Mor­kel. 12:00 tot 14:00; 14:40 tot 16:40; 17:00 tot 19:00. SS 2 en GDN. Volg ook die ak­sie op Net­werk24 se reg­streek­se blog.

Fo­to: GETTY IMAGES

De­an El­gar (links), wat waar­neem as die Pro­te­as se kap­tein, sal ’n on­er­va­re toets­span op die veld lei in die eer­ste toets teen En­ge­land. Joe Root is self ’n groen­tjie as kap­tein, maar het baie ge­sou­te spe­lers tot sy be­skik­king in die toets wat van­mid­dag op Lord’s be­gin. Die tro­fees wat hul­le hier hou, is op die spel in die reeks van vier toet­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.