Ro­han Son­dag te­rug in Leeus se rooi trui

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Ro­han Jan­se van Rens­burg, die Leeus se be­seer­de S­pring­bok­sen­ter, maak hier­die na­week sy te­rug­keer tot die rug­by­veld in die half­eind­ron­de van die Su­perS­port-uit­daag­reeks.

Jan­se van Rens­burg, wat sy knie die Paas­na­week so­da­nig in die Leeus se Su­per­se­ge oor die S­tor­mers be­seer het dat daar selfs ge­vrees is dat sy Su­per­sei­soen iets van die ver­le­de sou wees, het veel spoe­di­ger her­stel as wat ver­moed is. Hy is nou deel van die Goue Leeus se groep wat Son­dag­mid­dag in M­dant­sa­ne bui­te Oos-Lon­den in die half­eind­ron­de teen G­rie­kwa- land-Wes te staan kom. Slaag hy hier­die toets, kan hy aan­staan­de na­week vir die Su­per­groep oor­weeg word wat in hul laas­te li­ga­wed­stryd in Dur­ban die Haaie die stryd aan­sê.

Jan­se van Rens­burg se her­stel is nie net vir die Leeus goeie nuus nie, maar be­hoort ook ’n glim­lag op die ge­sig van Al­lis­ter Coet­zee, die S­pring­bok­af­rig­ter, te plaas.

Tot­dat hy be­seer is, het die ste­wi­ge Jan­se van Rens­burg kook­wa­ter­rug­by ge­speel en was hy on­ge­twy­feld die voor­ste bin­ne­sen­ter in die land. Sy sterk lo­pies en puik voor­ge­voel het hom in die eer­ste paar we­ke van die Su­per­sei­soen al ’n hand­vol drieë be­sorg. As hy op daar­die spel­peil voort­ge­bou het, sou hy ge­wis die S­pring­bok­ke se eer­ste keu­se vir die nr. 12-trui ge­wees het.

Jan Ser­fon­tein het eg­ter die kans wat hy in daar­die trui teen Frank­ryk ge­kry het met oor­ga­we aan­ge­gryp en Jan­se van Rens­burg sal nie nou som­mer net in die Bok­span kan in­stap nie.

Vir Coet­zee moet dit eg­ter baie goeie nuus wees dat hy spe­lers van Ser­fon­tein en Jan­se van Rens­burg se ge­hal­te het wat die bin­ne­sen­ter be­tref.

Selfs by die Leeus sal Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter, moet kop­krap nou­dat hy ook vir Jan­se van Rens­burg kan oor­weeg.

Ha­rold Vor­ster het som­mer al in die­self­de wed­stryd as waar­in Jan­se van Rens­burg be­seer is teen die S­tor­mers in die Kaap, uit­ha­ler­spel ge­le­wer en ’n puik drie ge­druk slegs ’n ruk­kie na­dat hy op die veld ver­skyn het. Daar­na het hy van krag tot krag ge­gaan, hom­self as die Leeus se voor­ste nr. 12 ge­ves­tig en die Suid-A­fri­kaan­se A-span teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans ge­haal. Hy word nou as een van die voor­ste bin­ne­sen­ters in die land ge­re­ken.

Die rug­by­land­skap wat bin­ne­sen­ters in die land be­tref, het dus so ef­fens ver­an­der se­dert Jan­se van Rens­burg be­seer is, maar dié sterk sen­ter sal nie te­rug­deins vir die uit­da­ging om hom­self weer te pro­beer ves­tig as die voor­ste nr. 12 nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­han Jan­se van Rens­burg sal Son­dag sy te­rug­keer tot die rug­by­veld vir die Goue Leeus maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.