An­der­son mar­sjeer voort op gras­baan

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Ke­vin An­der­son se op­mars in die Wim­ble­don­se ten­nis­toer­nooi duur voort.

Die on­ge­keur­de An­der­son is Suid-A­fri­ka se ver­teen­woor­di­ger in die en­kel­spel. Hy het gis­ter die der­de ron­de ge­haal deur die I­ta­li­a­ner And­re­as Sep­pi in ’n uur en 41 mi­nu­te met 6-3, 7-6 (7/4), 6-3 uit te ska­kel.

Sy vol­gen­de teen­stan­der is die on­ge­keur­de Belg Ru­ben Be­mel­mans, wat die Rus Da­niil Med­ve­dev ná ’n ti­ta­nie­se van by­kans drie uur met 6-4, 6-2, 3-6, 2-6, 6-3 uit­ge­ska­kel het.

An­der­son was ver­on­der­stel om Vry­dag swaar­de te kruis met S­tan Wa­wrin­ka, die vyf­de ge­keur­de, maar Med­ve­dev het dié klip uit sy pad ge­rol toe hy die S­wit­ser Maan­dag in die eer­ste ron­de ge­klop het.

Die Suid-A­fri­ka­ner se kans om die eer­ste week te oor­leef, het só ’n groot hup­stoot ge­kry. Be­mel­mans is 124ste op die wê­reld­rang­lys.

An­der­son het vroeg sy neus voor­ge­kry, toe Sep­pi ’n ruk­kie ge­neem het om sy rit­me te vind en som­mer al sy eer­ste af­slaan­pot in­ge­boet het.

Dit was ge­noeg vir An­der­son om dié stel te be­klink. Hy het self ste­wig af­ge­slaan en sy teen­stan­der geen kans ge­gun om te­rug te breek nie.

Die twee­de stel het vol­gens af­sla­ne ver­loop. In die daar­op­vol­gen­de val­by­l­pot was dit weer Sep­pi wat vroeg klei­ge­trap en ’n dub­bel­fout op die eer­ste punt be­gaan het.

Weer was daar­die punt ge­noeg vir die Suid-A­fri­ka­ner om die stel sy­ne te maak.

Met die vry­heid van twee stel­le in die sak­kie, kon An­der­son meer sorg­vry speel. In die der­de en in die vier­de pot het Sep­pi op 15-40 ’n dub­bel­fout be­gaan om sy af­slaan prys te gee.

Daar­na het An­der­son met sy deeg­li­ke af­slaan­werk die laas­te paar pot­te in­ge­ryg.

Hy het 16 kis­houe ge­slaan en uit­ein­de­lik am­per dub­bel so­veel wen­houe (40 teen­oor 21) as sy teen­stan­der.

Fo­to: AP

Ke­vin An­der­son juig gis­ter na­dat hy die twee­de stel teen And­re­as Sep­pi ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.