’n Klip uit ’n ket­tie – vir R5,5 m.

Beeld - - Sport - Wil­lem F­ritz

Se­dert M­cLa­ren se mo­tor­af­de­ling in 2010 die lig ge­sien het, het die ver­vaar­di­ger el­ke jaar ’n nu­we mo­del be­kend ge­stel om ’n heel in­druk­wek­ken­de por­te­feul­je op te bou. Sy nuut­ste blitswa, die 720S Su­per Se­ries, is pas be­kend ge­stel en is die 650S se op­vol­ger.

Die 650S se 3.8-li­ter-V8 is met ’n dub­bel­tur­bo-vier­li­ter-V8 ver­vang wat uit 40% nu­we on­der­de­le be­staan. Hy is krag­ti­ger, vinni- ger en lig­ter as sy voor­gan­ger. Die sy­fers laat ’n mens se reg­ter­voet be­hoor­lik jeuk – hy skop 537 kW en 720 Nm uit, ver­snel in 2.9 se­kon­des van 0-100 km/h en net 4.9 se­kon­des la­ter snel hy ver­by 200 km/h op pad na sy top­snel­heid van 341 km/h. Die se­wespoed-rat­kas met dub­bel­kop­pe­laar kan soos ’n ge­wo­ne ou­to­ma- ties ge­bruik word, of rat­te kan met spa­ne ag­ter die stuur ver­wis­sel word.

Die 720S se smeu­len­de ly­ne met sy ken­mer­ken­de deu­re wat op­waarts oop­maak, is nie net daar vir die mooi­heid nie, el­ke e­le­ment het ’n spe­si­fie­ke doel.

M­cLa­ren is ken­ners as dit by die ge­bruik van kool­stof­ve­sel kom. Die he­le kar word rond­om ’n kool­stof­ve­sel-kas ge­bou waar­in die be­stuur­der sit ter­wyl die boon­ste struk­tuur ook uit kool­stof­ve­sel be­staan. Kool­stof­ve­sel word ook in die on­der­stel ge­bruik ter­wyl die bak­pa­ne­le se lig­te a­lu­mi­ni­um by­dra tot die 720S se ge­wig van ’n skra­le 1,4 ton.

Die M­cLa­ren 720S is ’n be­wys dat die re­la­tief jong B­rit­se ver­vaar­di­ger van krag tot krag gaan. Vir ’n koel R5,5 mil­joen, dis nou son­der ek­stras, kan jy ook deel word van die su­per­mo­tor­klub.

Die 720S se ve­ring is ook on­der han­de ge­neem, maar die druk­vlerk ag­ter, wat teen ’n se­ke­re snel­heid op­spring, hou hom ste­wig ge­plant om draaie. Die M­cLa­ren 720S skiet soos ’n klip uit ’n ket­tie van 0­100 km/h in 2.9 se­kon­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.