Merc se fris E63 meng styl met krag

Beeld - - Sport - Braam Peens

‘Keel­vol vir ka­ping”, of “KVK”. Klink da­rem na ’n kook­wa­ter-kwink­slag vir krap­pe­ri­ge Ka­pe­naars, dan nie? Of wat van “GVG” – “gat­vol vir die Gup­tas”?

Nee wat. Los dit liefs vir die Front Na­si­o­naal en daai san­ger met die os­se­wa in sy ga­ra­ge en al die oor­een­koms­te met Sa­sol-pom­pe. Want in die mo­tor­wê­reld is daar dees­dae net een a­kro­niem waar­op jy jou W(it) M(on­o­po­lie) K(a­pi­taal) moet be­stee, en dis “AMG”.

Vir die Fi­li­sty­ne staan AMG vir “Au­frecht, Mel­cher en Großas­pach” (die Mer­ce­des-fi­li­aal se stig­ters se voor­let­ters en ge­boor­te­dorp), en vir húl­le wat spoed vrees, be­te­ken dit som­mer net “do­mi­nee op speed di­al”. En weet jy wat? Hier­die rof­ste, on­be- skof­ste Mer­ce­des­se vind ewe veel aan­klank by die uhm, Gup­tas, die Groe­ne­walds en die G­we­des: Want niks ver­e­nig ’n na­sie soos ’n brul­len­de V8 nie.

Ve­ral in die ge­val van Mer­ce­des-AMG se nu­we E63 S. Die be­kend­stel­ling van die vyf­de­ge­ne­ra­sie-E-klas in 2016 was ’n doe­pa vir die deur­snee- teg­no­be­hep­te mid­del­vlak­be­stuur­der, maar die nu­we vlag­skip-63-mo­del (waar­van die naam ter­loops lank­al op­ge­hou het om na die be­loof­de en­jin­ka­pa­si­teit te ver­wys) spreek nou ook tot sy in­ner­li­ke he­do­nis en ha­ter van ver­keers­o­wer­he­de, ok­taan en rub­ber.

Die AMG E63 se kroeg­kek­kel­fei­te lees as volg. Ten spy­te daar­van dat hy ’n vol­le 1.5-li­ter-en­jin­ka­pa­si­teit aan son­de­be­las­ting moes in­boet (hy maak staat op ’n wit­warm weer­ga­we van die AMG-GT en AMG C63 se dub­bel­tur­bo-aan­ge­jaag­de vier­li­ter-V8 met 450 kW en 850 Nm), is die nu­we­ling die krag­tig­ste E-klas tot nog toe, met sy­fers wat ge­vaar­lik na­by die maat­skap­py se V12-en­jin s’n draai.

Hy’s ook die eer­ste AMG met ’n ne­ge­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas én ’n groen ge­we­te: Vir die ken­ne­lik min dae wan­neer jy in ’n al­tru­ïs­tie­se bui is – of jou pe­trol­kaart by die huis ver­geet het – sal die E63 tot vier van sy ok­taaf si­lin­ders ty­de­lik de­ak­ti­veer om ’n kat­spoe­gie “Sa­sol” te be­spaar.

Pry­sens­waar­dig, tot­dat jy ver­der hoor dat die mo­tor oor vier­wiel­aan­dry­wing be­skik.

Wat, ’n vier­trek-AMG-se­dan? Dis ’n gro­ter skan­de as om Co­ke by jou kon­jak te gooi! Is so, maar jy kan da­rem self die E63 se dryf­as na die voor­wie­le de­ak­ti­veer (on­ge­hoord, tot nou toe) as jy sy stert op­set­lik wil laat swaai, dank­sy die se­lek­teer­ba­re D­rift­mo­dus. Trou­ens, die mees­te van die tyd is die voor­as op by­stand eer­der as ten vol­le aan diens, maar as hier­die feit jou nog­tans dwars in die krop steek, kan jy ook só na daai 50% ek­stra dryf­krag kyk: Dit bring die helf­te min­der stuur­ge­voel te­weeg; en daar­mee saam die te­o­re­tie­se helf­te meer stuur­traag­heid (al­bei on­wens­lik, ja), maar ook die helf­te min­der on­ge­mak­li­ke te­le­foon­op­roe­pe na Out­su­ran­ce. O ja, én daar­die ver­nie­ti­gen­de 0-100-ver­snel­tyd van net 3.4 se­kon­des. Vir ’n 1,9 ton blok ys­ter. On­ge­loof­lik.

Bin­ne­kant is die E63 so di­gi­taal soos ’n fiks­heids­hor­lo­sie. Die he­le strook voor die be­stuur­der tot die mid­del van die in­stru­ment­pa­neel is di­gi­taal en ver­per­soon­lik­baar met wat­ter in­lig­ting hy ook van die mo­tor en/of die na­vi­ga­sie­stel­sel wil ont­vang. Die IWC-hor­lo­sie bly eg­ter a­na­loog.

En nou ook die stout­ste. Al­dus AMG is a­koes­tiek die der­de be­lang­rik­ste kri­te­ri­um on­der hul ko­pers; daar­om ver­per­soon­lik die E63 die klank­baan van die Au­to­bahn: ’n ge­brul van ’n on­be­vre­dig­ba­re hon­ger vir af­stand én spoed. Van bui­te klink die vier­li­ter-V8 – met ’n don­der­weer­slag ty­dens sy blit­si­ge rat­wis­se­lings – soos ’n Mes­serschmitt-veg­ter op pad om die Ge­al­li­eer­des ’n bloed­neus te gaan gee. Van bin­ne? Soos ’n T-Rex met ’n seer tand en ’n leë maag; heel moont­lik een van die bes­te stem­me wat die mo­tor­be­dryf kan op­toor.

R1,8 mil­joen vir die al­mag­ti­ge E63? Ver­koop jou huis, bly in jou 63 en trek hom op jou skoon­ma se op­rit. Dis die bes­te fi­nan­si­ë­le be­sluit wat jy ooit sal neem.

So nie, en sou jou a­dres na­der aan Kraai­fon­tein as Con­stan­tia wees, is die min­der krag­ti­ge AMG E43 dalk ’n meer nug­te­re op­sie vir jou. Hy’s ook vier­trek (per­ma­nent, teen­oor die 63 se ak­tie­we stel­sel) met ’n drie­li­ter-dub­bel­tur­bo-V6 wat “net” 295 kW en 520 Nm ont­wik­kel.

Die 43-fa­mi­lie is ’n nu­we toe­voe­ging tot die AMG-reeks en dien as ’n trap­pie in die mo­del­reeks vir men­se wat iets meer as top­vlak-mo­del­le soek, maar te lig in broek of beur­sie is om ’n blou­bloed-AMG-mo­del aan te skaf.

Wat spoed, dra­ma en ge­voels­waar­de be­tref, skiet die E43 ho­pe­loos te­kort teen­oor die ras­eg­te E63, so­veel so dat ’n mens suk­kel om dit as kwa­lik meer as ’n be­mar­kings­oe­fe­ning te sien. Eers­ge­noem­de is on­oor­tui­gend; ’n half­bloed in we­se om­dat sy en­jin ’n ge­toor­de weer­ga­we is wat ge­leen is by min­de­re Mer­ce­des­se: AMG se “ek-wil-maar-ek-kan-nie”; een met oe­fen­wie­le­tjies.

Is jy nog ver­der fi­nan­si­eel ag­ter­ge­ble­we, kan jy die E-klas Cou­pé oor­weeg. Maar dan het jy, in AMG-ter­me, boe­del oor­ge­gee.

Mer­ce­des se fris E63 AMG het dalk nie meer ’n 6.2­li­ter on­der die neus nie. Maar die nu­we bi­tur­bo maak steeds die buurt se boer­boe­le skrik as jy vet gee.

Daar­die ek­stra breë in­lig­ting­skerm wat soos ’n ski voor jou lê, is op­si­o­neel. Maar dit lyk da­rem baie def­tig, of hoe?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.