S­taat­ma­ker ASX sit nie ’n voet ver­keerd

Beeld - - Sport - Mar­nus Hat­tingh Prys: Mit­subis­hi ASX 2.0 GLS – R414 900.

Mit­subis­hi se kom­pak­te sport­nuts, die ASX, is straks nie die ve­ter­band­jie tus­sen die lang moue nie. Daar­voor is hier­die seg­ment van­dag te vol van vi­su­e­le raak­vat­ters soos die Ma­z­da CX-5 en die Au­di Q3.

Maar in ruil bied die Ja­pan­nees waar­de vir geld met ’n prak­tie­se aan­slag wat jou al­gaan­de eers sal op­val.

Die ASX is vroeg van­jaar op­ge­knap wat ba­sies ’n her­ont­werp­te sier­roos­ter (’n diep, swart ge­verf­de een­heid nou met LED-e­le­men­te by die lig­te) en ’n sko­ner bin­ne­ruim be­te­ken. Daar is ook ’n nu­we ba­sis­mo­del by die reeks ge­voeg, die GL, wat hom teen R364 900 ’n waar­de-vir­geld-pro­po­si­sie maak.

My toets­mo­tor was die def­ti­ger GLS, wat te kry is met ’n soort CVT- ou­to­ma­tie­se rat­kas of die vyf­gang­hand­rat soos wat hier af­ge­laai is.

Voor­koms is maar ’n per­soon­li­ke ding, maar ons vind die hoe­ki­ge pro­fiel van die ASX ’n bie­tjie uit die ou­de doos. Mo­der­ne me­de­din­gers het ’n veel op­win­den­der ont­werp.

Ek het wel van die sleu­tel­lo­se toe­gang en aan­ska­kel­funk­sie (’n knop ag­ter die stuur) ge­hou. Dis baie ge­rief­lik en prak­ties, as jou han­de vol win­kel­sak­ke is by­voor­beeld.

Nog ’n prak­tie­se plus­punt is die goeie grond­vry­hoog­te (20 cm). Jy sal suk­kel om dit in sy seg­ment te klop.

Bin­ne­langs is die sit­plek­ke se kus­sings her­ont­werp, sê Mit­subis­hi, om be­ter steun op die lang­pad te bied. Ons kon dit nie self be­proef nie, maar neem hul woord daar­voor.

Die ka­juit is skoon, smaak­vol dog baie een­vou­dig (ou­tyds?) uit­ge­lê. Leer­be­kleed­sel en af­wer- kings is pik­swart, daar’s ’n raak­skerm op die in­stru­ment­pa­neel en ska­ke­laars op die stuur om som­mi­ge van dié funk­sies met jou han­de op die stuur te be­nut.

Hoe­wel ek nie ’n aan­han­ger van CVT-rat­kas­te is nie, be­hoort dit be­ter by die ASX te pas as die hand­rat wat ons ge­had het.

Hier­die soort voer­tuie word 90% van die tyd in die dorp be­nut, waar stop-ry-rit­te tus­sen ver­keers­lig­te en ver­keer die norm is.

Met ’n hand­rat raak dit moei- saam, ve­ral as jy mooi moet kor­rel om die pe­trol- en kop­pe­laar­pe­daal net­jies te sin­chro­ni­seer. Die rat­kie­rie is boon­op te na aan die in­stru­ment­pa­neel ge­plaas.

As jy van twee­de (on­der) na der­de (bo) oor­ska­kel, stamp jou vin­gers teen die ra­dio. Dis las­tig.

In die GLS kry jy wel ’n fris son­dak as stan­daar­di­tem, saam met ’n tru­k­a­me­ra en die raak­skerm vir die nuts­funk­sies. Daar is ook ’n ste­wi­ge Rock­forth Fos­ga­te-klank­stel­sel met luid- spre­kers gro­ter as ’n ka­strol.

Die nor­maal ge­as­pi­reer­de twee­li­ter­en­jin (110 kW, 197 Nm) is lig in die broek en ook nie so goed met ver­bruik nie (7,5 li­ter).

Die laai­ruim is wel lek­ker groot, wat die ASX ’n prak­tie­se voer­tuig vir jon­ges maak wat oor na­we­ke fiet­se en toe­rus­ting na ’n by­een­koms moet kar­wei.

Op grond so­wel as dorp­s­paaie ry hy ge­mak­lik, maar soos ge­noem sal die ou­to­ma­tie­se mo­del ons voor­keur wees.

Fo­to: MAR­NUS HAT­TINGH

Mit­subis­hi se stem­mi­ge ASX is nou wat jy ’n eer­li­ke ry­ding sal noem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.