X3 bou voort op ste­wi­ge tra­di­sie

Beeld - - Sport - Mo­tor­re­dak­sie

Se­dert BMW in 2003 sy toe nog klein­ste sport­nuts in Genè­ve ge­wys het, het die X3 heel­par­ty aan­han­gers oor die wê­reld heen ver­sa­mel. So­veel so dat 1,5 mil­joen een­he­de oor twee mo­del­ge­ne­ra­sies heen al ver­koop is.

In­tus­sen het die por­te­feul­je gro­ter ge­word met die sta­sie­waag­ti­ge X1 en die twee spor­tie­we 4x4’s, die X4 en X6, wat by­ge­kom het. Maar die X3 vorm steeds ’n ste­wi­ge fon­da­ment vir die ver­vaar­di­ger se han­de­laars wê­reld­wyd.

Die Bei­er­se groep het pas sy der­de X3 be­kend ge­stel, met die mid­del­slag-ry­ding wat oor twee maan­de for­meel by die Frank­furt­se skou aan die pu­bliek ge­wys sal word.

Ons sal eers na­der aan dié tyd kans kry om hom te ry, maar in­tus­sen kan ons ’n paar van sy teg­nie­se ken­mer­ke ver­klap.

Die nu­we X3 is ’n raps lan­ger en rui­mer as sy voor­gan­ger, maar ge­luk­kig kon BMW die skaal steeds in toom hou. Dank­sy die be­nut­ting van meer a­lu­mi­ni­um­kom­po­nen­te by die en­jin en ve­ring is die X3 nou 50 kg lig­ter as sy voor­gan­ger, wat am­per ’n Die ver­skil­le is k­lein, maar BMW se nu­we X3 (nou in sy der­de ge­ne­ra­sie) lyk net al hoe be­ter. Die lyf is ’n raps gro­ter, maar die ge­wig la­er dank­sy meer ge­bruik van a­lu­mi­ni­um. ek­stra pas­sa­sier ver­teen­woor­dig.

Wat sy voor­koms be­tref, is daar in eg­te Duit­se styl bit­ter min aan ’n wen­re­sep ge­tor­ring. Jy sal moet mooi kyk om No. 2 van No. 3 te on­der­skei, as jy nie weet waar­voor om op te let nie.

Die Hof­meis­ter-knak by die C-pi­laar, daar­die prag­ti­ge ken- merk van die eer­ste twee X3’s, is nou weg­ge­stryk, wat hom on­der­skei­baar maak, maar wat tog ’n jam­mer­te is vir die ver­lies aan tra­di­sie.

Voor is die sier­roos­ter gro­ter ge­maak en die mis­lig­te, pro­mi­nent laag on­der in die hoe­ke van die buf­fer, pryk by groot lug­in­la- te. ’n Ak­sent­lyn by die flan­ke loop nou ook meer pa­ral­lel met die grond, ter­wyl ’n ste­wi­ge druk­vin bo die ag­ter­klap ’n spor­tie­we ak­sent ver­leen.

Die in­stru­men­te bin­ne eg­go dit wat ons by die on­lang­se nu­we Se­we-reeks ge­sien het. ’n Streep a­lu­mi­ni­um-ska­ke­laars on­der ’n in­lig­ting­skerm en ’n breë sen­tra­le kon­so­le oor­heers die voor­ste deel van die ka­juit.

Ag­ter is sit­plek vir drie tie­ners, ter­wyl die rug­leu­nings soos van ouds in drie seg­men­te kan plat­slaan om ’n plat laai­vloer te skep.

Oor­see sal twee die­sel- en drie pe­trol­mo­del­le te kry wees. Elk­een is in drie af­wer­kings­vlak­ke te kies, naam­lik xLi­ne, M Sport en Luxu­ry Li­ne.

Daar­be­ne­wens is daar ook ’n rits op­si­o­ne­le i­tems – spe­si­a­le lug­ver­fris­ser, ven­ti­la­sie vir jou sit­plek­ke en ’n groot son­dak – om jou voer­tuig te laat pas­maak na jou smaak.

Soos dit met hier­die soort voer­tuie gaan wat op jon­ger ko­pers ge­mik is, bor­rel dit van teg­notruuks wat die le­we van die be­stuur­der moet help ver­ge­mak­lik. Som­mi­ge i­tems is stan­daard in­ge­sluit, maar BMW is ook slim ge­noeg om ’n klomp slegs as op­si- on­e­le toe­voe­gings te re­ser­veer.

So by­voor­beeld is die ruitin­lig­ting se beel­de wat voor jou op die voor­ruit ge­pro­jek­teer word, nou sker­per en gro­ter en dus mak­li­ker lees­baar. Maar dis op­si­o­neel.

An­der nut­ti­ge funk­sies sluit in ’n baan­ver­laat- en blin­de­kol­gon­ser, ’n te­rug­du-funk­sie wat jou help in jou baan hou, en ’n slim volg­be­heer­funk­sie wat jou in spits­ver­keer al­toos op jou ge­ko­se volg­af­stand sal hou, selfs al stop die ver­keer.

Daar is ook die ge­bruik­li­ke self­stop­funk­sie wat teen stads­nel­he­de werk­saam is, sou die blik­brein ver­moed jy gaan in ’n voet­gan­ger vas­ry.

Die nu­we X3 sal ook soom­loos by die le­we van mo­der­ne jong men­se kan in­pas dank­sy sy in­ter­kon­nek­ti­wi­teit-straat­slim­heid. Die mo­tor “ge­sels” met jou slim­foon so­dat e­ni­ge af­spraak (en a­dres) wat jy op jou foon se ka­len­der ge­maak het, deur die X3 ge­lees word.

Die mo­tor kan jou dus waar­sku dat jy nou al moet ry vir jou la­te­re af­spraak, om moont­li­ke spits­ver­keer op jou roe­te vry te spring.

Pry­se en ’n plaas­li­ke be­kend­stel­lings­da­tum vir die nu­we X3 sal la­ter be­kend ge­maak word.

Ons hou van die skoon ont­werp van die mo­der­ne BMW’s. Kyk net die breë, blink knop­pe wat plat teen die res van die voor­pa­neel lê. Al­le mo­del­le word met ’n agt­gang­ ou­to­ma­tie­se rat­kas toe­ge­rus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.