Simp­son wys hoe in uit­hou­ren

Beeld - - Sport - Mo­tor­re­dak­sie

Die Kaap­se ren­ja­er S­te­phen Simp­son, wat al van 16-ja­ri­ge ou­der­dom ’n baan­ren­kam­pi­oen is, was die ster­ja­er in Son­dag se skou­spel­ag­ti­ge uit­hou­ren oor ses uur in New York.

Die 34-ja­ri­ge Simp­son, wat dees­dae in A­me­ri­ka woon na­dat hy vroeg in die 2000’s B­rit­tan­je toe ver­huis het om in Eu­ro­pa te gaan jaag, was Son­dag let­ter­lik net ’n paar sen­ti­me­ter ag­ter die Por­tu­ge­se ja­er Jo­ao Bar­bo­sa in wat ’n ril­lerSahlen’s IMSA-uit­hou­ren oor ses uur by die New York-Wat­kins-ren­baan was.

Simp­son het die voor­tou in die ren so­wat ’n half­uur voor die ein­de in­ge­neem na­dat hy by Bar­bo­sa ver­by is, en die twee van hul­le het vir die laas­te 25 mi­nu­te van die ren draai vir draai langs me­kaar om die baan ge­slin­ger.

’n Sta­di­ger ja­er in die voor­laas­te rond­te was uit­ein­de­lik een te veel vir Simp­son en hy kon nie be­tyds her­stel nie, hoe­wel dit so hit­te­te was – ná 21 600 se­kon­des van die ren was hy die naas­wen­ner in sy O­re­ca met ’n ver­skil van net een en­ke­le se­kon­de ag­ter die uit­ein­de­li­ke wen­ner se Ca­dil­lac.

“S­joe, wat ’n dol­le ren!” het Simp­son ná die tyd ge­sê. “Maar al­le kre­diet aan Bar­bo­sa – dit was ’n on­ge­loof­li­ke twee­stryd in on­ge­loof­lik moei­li­ke toe­stan­de. Ons is al twee deur sta­di­ger mo­tors uit­ge­vang, en Bar­bo­sa was ge­luk­kig om min­der tyd as ek te ver­loor.”

Simp­son het sy te­vre­den­heid met sy O­re­ca-sport­mo­tor uit­ge­spreek en ge­sê hul­le is nou aan die voor­punt van die ren­veld wat spoed en uit­hou­ver­moë be­tref. “Ons het die mo­tor nou in ’n wen­pak­ket ont­wik­kel en dit was ons bes­te ver­to­ning tot dus­ver,” het hy ge­sê.

Simp­son het die mo­tor met die Ka­na­de­se ja­er Misha Goi­k­hberg en die A­me­ri­ka­ner Chris Mil­ler ge­deel, ter­wyl Bar­bo­sa sy Ca­dil­lac se ry­beur­te met sy land­ge­noot Fi­li­pe Al­bu­quer­que en die Bra­si­li­aan­se ja­er Chris­ti­an Fit­ti­pal­di ge­deel het.

Tyd vir ’n blaas­kans is daar nie.

“Ons moet dit nou weer doen – ons vol­gen­de ren is in Ka­na­da vir die vol­gen­de ron­de van die We­at­herTech-reeks by die klas­sie­ke Grand P­rix-ren­baan by Mo­tor­sport Park vir die sport­mo­tor-Grand P­rix die na­week,” het Simp­son ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.