SA ja­ers druk hul stem­pel oor­see af

Beeld - - Sport -

Nog ’n Suid-A­fri­ka­ner wat sy stem­pel in ’n oor­se­se uit­hou­ren af­ge­druk het, was Si­mon Mur­ray van Gau­teng en sy B­rit­se span­maat, Mi­cha­el Simp­son. Die twee­tal het die na­week die “V de V”-uit­hou­ren oor vier uur op die Paul Ri­card-baan in Frank­ryk ge­wen na­dat hul­le eers van ag­ter af deur die groep ja­ers moes stoei om ein­de­lik voor te kon jaag.

Die twee het met hul Gi­net­ta G57-Cor­vet­te in die eer­ste weg­spring­po­si­sie ge­kwa­li­fi­seer, maar die mo­tor het vroeg in die ren ge­tol, wat hul­le tot by­kans heel ag­ter laat te­rug­sak het.

“Wat ’n fan­tas­tie­se na­week,” het Mur­ray Son­dag­aand ná die ren laat hoor. “Ons was die vin­nig­ste in el­ke oe­fen­rond­te, ons het die vin­nig­ste tyd in die kwa­li­fi­se­ren­de rond­te op­ge­stel om voor weg te spring en uit­ein­de­lik van ’n ag­ter­stand van twee rond­tes te her­stel en die ren te wen! Waar­voor meer kan ’n mens vra?” het die Suid-A­fri­ka­ner laat hoor. ) ’n Der­de Suid-A­fri­ka­ner het die na­week ook weer sy stem­pel af­ge­druk, maar dié keer op twee wie­le.

Die jong Brad Bin­der, die 2016-Mo­to3-kam­pi­oen en SA Gil­de van Mo­tor­joer­na­lis­te se Mo­tor­sport­man van die Jaar vir 2017, jaag van­jaar in die Mo­to2-reeks waar hy Son­dag aan die Duit­se Grand P­rix op die Sa­chsen­ring deel­ge­neem het.

Die Duit­se by­een­koms was sy eer­ste ren dié sei­soen na­dat hy vroeg van­jaar sy arm in ’n oe­fen­ses­sie voor die aan­breek van die sei­soen ge­breek het.

Hoe­wel Bin­der nou reeds ver­skeie ron­des in die sei­soen mis­ge­loop het, is hy sta­dig­aan be­sig om weer sy ou vorm te her­win wat hom so ’n be­lo­wen­de ren­ja­er ver­le­de jaar ge­maak het.

Bin­der was Son­dag se­wen­de in die Duit­se ren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.