Gil­le, plof­slae, toe vlam­me

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers

Die gil­le van kin­ders en ’n vrou en plof­ge­lui­de is ge­hoor voor­dat vlam­me tot op die twee­de ver­die­ping van ’n meent­huis in Rus­ten­burg op­ge­skiet het.

Die 39-ja­ri­ge Ru­di Prins­loo het Woens­dag­aand blyk­baar in ’n woe­de­bui pe­trol in die Cas­t­le Rock­meent­huis ge­gooi en dit aan die brand ge­steek.

Hy is op die to­neel dood na­dat hy self aan die brand ge­raak het.

Nog ’n in­wo­ner, Ja­c­ques Be­zui­den­hout, het by­na 100% brand­won­de op­ge­doen en was gis­ter­mid­dag laat in ’n kri­tie­ke toe­stand in die Job S­hi­man­ka­na Ta­ba­ne- pro­vin­si­a­le hos­pi­taal in Rus­ten­burg.

Hy en sy ge­sin het ook in die meent­huis ge­woon.

Prins­loo se vrou, A­ni­ta, het erns­ti­ge brand­won­de op­ge­doen en word in die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg be­han­del.

Vol­gens kapt. El­sa­bé Augou­sti­des, po­li­sie­woord­voer­der in Rus­ten­burg, het die dra­ma om­streeks 22:00 af­ge­speel.

Prins­loo het blyk­baar in ’n ru­sie met sy vrou daar weg­ge­ry.

Sy vrou het die vei­lig­heids­wag­te by die kom­pleks se hek ge­vra om hom nie toe te laat om weer in te kom nie, maar hy het die val­hek stuk­kend ge­ry, sê Augou­sti­des.

“Daar­na het hy glo die woon­stel met pe­trol be­sprin­kel en dit aan die brand ge­steek.”

Be­zui­den­hout se vrou, A­de­le, wat ook in die woon­stel was, is nie be­seer nie. Fa­mi­lie­le­de wat me­kaar gis­ter­mid­dag bui­te die on­ge­val­le­af­de­ling van die Job S­hi­man­ka­na Ta­ba­ne-hos­pi­taal on­der­steun het, het ge­sê sy is erg ge­trau­ma­ti­seer.

Be­zui­den­hout se skoon­ma het ge­sê hy word on­der ver­do­wing ge­hou, maar hy kan nog nie uit die on­ge­val­le­af­de­ling ge­skuif word nie om­dat hy 100% brand­won­de op­ge­doen het.

Die fa­mi­lie wou nie ver­de­re be­son­der­he­de ver­skaf nie.

Die ven­sters van die meent­huis is swart van die roet en grys as lê op plan­te.

In die huis was die ska­de dui­de­lik om­vang­ryk.

In die ag­ter­plaas het was­goed nog aan ’n droog­rak ge­hang.

In­wo­ners het ge­sê hul­le het ge­hoor hoe kin­ders en ’n vrou skree.

“Ek het te­le­vi­sie ge­kyk toe ek plof­ge­lui­de hoor en kin­ders hoor skree,” het ’n in­wo­ner ver­tel.

“Toe ek uit­gaan, was daar baie men­se en ek het ge­sien die boon­ste ver­die­ping brand. Dit het ge­lyk as­of die brand in die kom­buis ont­staan het.”

Augou­sti­des sê die Be­zui­den­hou­teg­paar se drie kin­ders van tus­sen vier en 19 jaar oud is nie erns­tig be­seer nie.

Die 19-ja­ri­ge het lig­te brand­won­de aan sy be­ne op­ge­doen.

A­ni­ta se 16-ja­ri­ge seun uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik is ook nie erns­tig be­seer nie.

Die po­li­sie doen ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek en on­der­soek sa­ke van po­ging tot moord.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Die deur van die meent­huis in Rus­ten­burg wat Woens­dag­aand in ’n huis­ru­sie aan die brand ge­steek is.

Fo­to: FACEBOOK

Ru­di en A­ni­ta Prins­loo.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Die meent­huis is in puin ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.