Kop­pe rol oor Gup­tas

Be­stuur is ‘mis­lei’ oor wat in SA ge­beur

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt

Bell Pot­tin­ger het om ver­sko­ning ge­vra vir die veld­tog wat hy na­mens die Gup­tas in Suid-A­fri­ka ge­voer het en het een van die maat­skap­py se ven­no­te daar­oor af­ge­dank.

Die B­rit­se ska­kel­maat­skap­py het ’n jaar lank ska­kel­werk vir die Gup­tas se maat­skap­py Oak­bay ge­doen.

Ja­mes Hen­der­son, be­stuurs­hoof, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die maat­skap­py het ná ’n on­der­soek deur ’n pro­ku­reurs­fir­ma wat spe­si­a­li­seer in in­ter­na­si­o­na­le reg be­sluit om die ven­noot af te dank wat vir die Oak­bay-re­ke­ning ver­ant­woor­de­lik was.

Hen­der­son het ge­sê Bell Pot­tin­ger se se­ni­or be­stuur is mis­lei oor wat hier ge­beur het.

Die ven­noot se naam is on­be­kend, maar dit is wel be­kend dat Vic­to­ria Ge­og­he­gan vir die Oak­bay-re­ke­ning ver­ant­woor­de­lik was.

Die maat­skap­py was die af­ge­lo­pe week on­der her­nieu­de druk na­dat die DA ver­le­de week amp­te­lik klag­te teen hom in­ge­dien het by twee re­gu­la­to­rie­se lig­ga­me in B­rit­tan­je, die B­rit­se ver­e­ni­ging van ska­kel­kon­sul­tan­te (PRCA) en die ge­ok­trooi­eer­de in­sti­tuut vir o­pen­ba­re be­trek­kin­ge (CIPR).

Die PRCA het Bell Pot­tin­ger in ken­nis ge­stel van sy voor­ne­me om die klag­te te on­der­soek.

Die DA het ge­sê die maat­skap­py het ras­se­haat in Suid-A­fri­ka be­vor­der.

Hy het on­min pro­beer saai ten ein­de die aan­dag van die Gup­tas en aan­ty­gings van staat­skaping weg te lei.

Vol­gens a­maBung­ha­ne en S­cor­pio, twee sen­trums vir on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek, het Ge­og­he­gan vol­gens uit­ge­lap­te e-pos be­gin ver­le­de jaar met pres. Ja­cob Zu­ma se seun Du­du­za­ne ver­ga­der.

Hul­le het ’n veld­tog be­dink “met ’n nar­ra­tief wat die aan­dag van die be­vol­king op voet­sool­vlak sal trek”.

Bell Pot­tin­ger se werk­ne­mers het glo on­der meer by­ge­dra tot toe­spra­ke van die ANC-jeug­li­ga­lei­er, Col­len Mai­ne, het ’n stra­te­gie teen die EFF be­plan en het vol­gens e-pos wat uit­ge­lek het, pro­beer om M­ce­be­si Jo­nas, des­tyd­se ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, met kor­rup­sie­be­we­rings swart te smeer. Dit was na­dat hy ge­sê het die Gup­tas wou hom om­koop om teen Pra­vin Gord­han, toe mi­nis­ter van fi­nan­sies, te draai.

Hen­der­son het ge­sê die maat­skap­py het sy diens­te aan Oak­bay drie maan­de ge­le­de op­ge­skort na­dat die maat­skap­py kwaai aan­ge­val is op so­si­a­le me­dia in Suid-A­fri­ka.

Hy het ge­sê hul­le het die kri­tiek as “on­bil­lik” be­skou. Toe die kri­tiek eg­ter aan­hou, het hul­le die fir­ma S­mith F­ree­hills LLP ge­vra om die Oak­bay­re­ke­ning te on­der­soek.

Die on­der­soek is nog aan die gang, “maar vroeë be­wy­se het ons ont­stel”.

Nie al­le aan­ty­gings is waar nie, maar daar is ge­noeg re­de tot erns­ti­ge kom­mer, het hy ge­sê.

’n Veld­tog wat op so­si­a­le me­dia ge­voer is, was on­der meer “on­van­pas en kwet­send”.

Die ven­noot is af­ge­dank en nog ’n ven­noot en twee per­so­neel­le­de ge­skors han­gen­de ’n ver­de­re on­der­soek.

“Ons het da­de­lik op­ge­tree toe ons daar­van be­wus ge­maak is dat ons mis­lei is en dat die werk wat ge­doen is, in­druis teen ons e­tie­se be­leid.

“Ons wil graag ’n vol­le, on­om­won­de en ab­so­lu­te ver­sko­ning rig aan al­mal wat ge­raak is. Hier­die ak­ti­wi­tei­te moes nooit ge­beur het nie.”

P­hum­zi­le van Dam­me, die DA se woord­voer­der oor kom­mu­ni­ka­sie, het die stap ver­wel­kom. Sy het eg­ter by­ge­voeg dat Bell Pot­tin­ger al sy tran­sak­sies met die Gup­tas en met pres. Ja­cob Zu­ma o­pen­baar be­hoort te maak.

Hy be­hoort ook al­le wins uit die Oak­bay-kon­trak aan ont­wik­ke­ling in Suid-A­fri­ka te skenk. “Tot dan sal dit net ’n ska­kel­foe­fie bly.”

Na­dat Bell Pot­tin­ger Oak­bay se ska­kel­werk be­gin doen het, het die ras­se­term wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal in Zu­ma­krin­ge op­ge­duik en is be­spie­gel dat Bell Pot­tin­ger daar­voor ver­ant­woor­de­lik is.

Die ANC se NUK-lid Joel Nets­hi­ten­z­he het dit eg­ter op die pas af­ge­lo­pe be­leids­kon­fe­ren­sie ont­ken en ge­sê die woord is in 1962 vir die eer­ste keer deur die SAKP ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.