‘Hand­skoe­ne is vir hi­gi­ë­ne met kos, nie uit ras­sis­me’

Beeld - - Front Page - – Car­ryn­Ann Nel

Die wit hand­skoe­ne wat Mej. Suid-A­fri­ka ty­dens ’n lief­da­dig­heids­be­soek ge­dra het, is nie ras­sis­ties nie, maar hi­gi­ë­nies vir die be­rei­ding van kos.

Só het Sun In­ter­na­ti­o­nal, ’n li­sen­sie­hou­er van die Mej. SuidA­fri­ka-kom­pe­ti­sie, ge­sê na­dat ’n storm in so­si­a­le me­dia om die kop van De­mi-Leigh Nel-Pe­ters los­ge­bars het.

Nel-Pe­ters het die hand­skoe­ne ge­dra ter­wyl sy in Ik­ageng, So­we­to, kos uit­ge­deel het.

Lui­dens ’n ver­kla­ring het sy die hand­skoe­ne nie heel­tyd ge­dra nie.

Tal­le T­wit­ter-ge­brui­kers het haar ge­kri­ti­seer na­dat fo­to’s hier­van ver­skyn het en ge­sê hul­le be­skou dit on­der meer as ras­sis­ties en ’n be­le­di­ging.

“Die doel van die be­soek was om te help met die be­rei­ding en be­die­ning van ’n warm ete aan 300 men­se as deel van ’n veld­tog waar­in The Maslow Ho­tel dui­sen­de hon­ge­res in Jo­han­nes­burg en P­re­to­ria kos gee.

“Al­le vry­wil­li­gers, De­mi-Leigh ook, het weg­gooi­ba­re sa­ni­tê­re hand­skoe­ne ge­dra ter­wyl hul­le met die kos ge­werk en dit uit­ge­deel het. Dit is ’n stan­daard- hi­gi­ë­nie­se prak­tyk dat kos be­rei en be­dien word son­der kon­tak met die han­de. Ter­wyl De­miLeigh kos uit­ge­deel het, is sy ge­vra om vir fo­to’s te po­seer en het toe nog die hand­skoe­ne aan­ge­had.”

Fo­to: OFFICIAL–MISSSA, T­WIT­TER

Mej. SA, De­mi­Leigh Nel­Pe­ters, met die wit hand­skoe­ne aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.