Bou­wer Bosch

‘Ek ver­raai nie­mand’

Beeld - - Front Page - Oop Kaar­te Mur­ray La Vi­ta

Dit wat hy nou doen, spruit uit ’n ge­voel wat hy al se­dert sy kin­der­dae het, sê Bou­wer Bosch. “Ek het nog al­tyd hier­die bran­den­de lief­de vir Suid-A­fri­ka en sy men­se ge­had. Ek was nog­als op ’n baie cree­py ma­nier ob­ses­sed met Nel­son Man­de­la en ons nu­we lands­vlag.

“Ek het ’n he­le shri­ne ge­had in my ka­mer – pos­kaar­te, se­ëls, be­kers, te­le­foon­kaar­te, jug­gling balls, daai vreem­de ge­kleur­de sand in ’n glas­hou­er­tjie, ban­dan­na . . . en ek het ’n Man­de­la­mas­ker ge­had.

“Ek was en is steeds net so lief vir en ver­lief op ons land en dit waar­deur ons kon kom des­tyds en van­dag nog.”

Bosch is wat ’n mens ’n he­den­daag­se Re­nais­san­ce-man sou kon noem: san­ger, lied­jie­skry­wer, ak­teur, rol­prent­ver­vaar­di­ger, skep­per van die Lief­de Wen-kle­re­reeks en TV-aan­bie­der. En nou het hy ook YouTu­be in­ge­span in ’n po­ging om ver­soe­ning on­der Suid-A­fri­ka­ners te be­werk­stel­lig.

In sy #Ver­soe­ning-vi­deo’s vra hy aan in­di­vi­due om ver­sko­ning vir a­part­heid en tree dan in ge­sprek met hul­le. Die eer­ste a­po­lo­gie was aan P­hin­di­le Dhla­mi­ni, ’n vrou wat hy nie ge­ken het nie, en daar­na He­melBe­sem (Si­mon Wit­booi).

Die ge­sprek met Bosch vind via Fa­ceTi­me op iP­ho­ne-toe­stel­le plaas.

Hy sit in sy woon­stel in Rand­burg, “net van Bey­ers Nau­dé af”. Hy dra ’n mus en ’n te­ar­drop-styl bril wat aan die 1970’s her­in­ner en hom (ook van­weë sy snor en baard) ’n bie­tjie soos die bank­ro­wer An­dré S­tan­der laat lyk. In ’n sta­di­um stap ’n vrou in ’n pienk ja­pon met ’n wit hand­doek om haar kop ge­draai ag­ter hom ver­by. Dit is waar­skyn­lik sy vrou, die ak­tri­se Le­an­die du Randt.

“Ek is baie in­ge­stel op die e­mo­si­o­ne­le van die mens en die goed wat jy doen, doen jy uit jou . . . ek wil nie sê uit ver­wón­ding uit nie, want dan gaan dit klink of ek die een of an­der O­prah Win­frey of Dr. P­hil is, maar ’n groot deel van hoe ’n mens op­tree, hét te doen met jou ver­won­ding.

“Ek is ’n groot fan van wat die Truth and Re­con­cil­li­a­ti­on Com­mis­si­on ge­doen het, want ek weet dit hét waar­de ge­had. Maar jy het te doen met die meet­ba­re en die on­meet­ba­re.

“So, die TRC het baie ge­ha­mer op men­se wat ie­mand ver­loor het: Daar is ’n bom ge­plant en 20 men­se is dood en daai ou moes jam­mer sê of hy is ver­hoor. Dít is die meet­ba­re, maar die meer­der­heid van Suid-A­fri­ka sit met ón­meet­ba­re won­de. Met an­der woor­de, die dáág­lik­se ver­ne­de­ring van om­dat jy swart is, mag jy nie ’n bank­re­ke­ning kry nie; jou on­der­rig is swak­ker; jy mag nie op die bus ry nie. Dít kom oor as kléin goed­jies, maar kyk net gou hoe sen­si­tief is wit men­se oor hier­die S­pur-ding. Ek meen, dit is één mi­nor ding wat ge­beur het in ver­ge­ly­king met 50 jaar van ge­ïn­sti­tu­si­o­na­li­seer­de a­part­heid.

“Die ge­sprek­ke waar­na ek luis­ter en die goed wat ek lees in die koe­ran­te laat my voel daar is un­fi­nis­hed bu­si­ness; ek voel ons wil nooit oor dit praat nie. Ek ver­staan ook nie hoe­kom daar nooit in sko­le iéts was nie – ’n pe­ri­o­de waar ons net kon praat oor die ver­le­de en by me­kaar se ver­skil­le kon uit­kom en leer. Daar­die nar­ra­tief is nooit in ons kop­pe ge­sit nie.

“En nar­ra­tie­we is ’n ding wat ’n más­si­ve im­pak het in ons land. Ek meen whi­te mo­no­po­ly ca­pi­tal het drie we­ke te­rug nie be­stáán in ons taal nie en nou is dit in el­ke lie­we nuus­be­rig as ge­volg van een pers­ver­kla­ring wat uit­ge­kom het. Volks­moord is ’n an­der nar­ra­tief wat klomp men­se weer glo en dit drýf hul­le . . . om op ’n se­ke­re ma­nier op te tree.

“Ek hun­ker maar net na ’n nu­we nar­ra­tief en ek voel nie ek gaan dit kry by die re­ge­ring nie, want hul­le is op ’n he­le an­der trip op hul­le eie, en jy gaan dit ook nie kry by dié wat nóú on­der­druk voel nie. Die laas­te ding wat hul­le sal doen, is om nou ewe skie­lik die e­mo­si­o­ne­le min­de­re te wees.

“So, dis my be­hoef­te as 33-ja­ri­ge: As ons nie nou iets an­ders gaan doen nie . . . ek sê ons land is be­sig om te brand en as ons nie nou met wa­ter be­gin speel nie, dan weet ek nie hóé hier­die gaan af­speel nie, want dit gaan nou oor ons kin­ders en húl­le kin­ders.”

Hy wil hom­self “’n bie­tjie een­kant sit” en net “ook uit­fi­gu­re” wat in an­der men­se se le­wens aan­gaan.

“Ons trek nog aan die be­ter ent . . . Ek dink nie wat van­dag aan­gaan, is su­per a­ma­zing nie; ek dink daar is on­ge­loof­lik baie hart­seer, maar ek dink steeds ons het dit be­ter as me­ni­ge swart men­se. Baie men­se krui­sig my vir daar­die stel­ling en dis ou­kei . . .

“Maar ’n mens moet ook nou nie die kwaai men­se op Facebook vat as die ge­voel op straat nie. Ek dink hul­le en an­der men­se on­li­ne is eint­lik die min­der­heid in ter­me van die ge­voel en die tem­pe­ra­tuur in die land. Dit moe­nie ge­meet word aan Facebook- en T­wit­ter-ge­sprek­ke nie.”

Daar is men­se wat voel wat hy doen, is ’n aan­val op A­fri­kaan­se kul­tuur en wit men­se.

“Dit is glád nie so nie. Ek kan nie ver­staan hoe hul­le kan dink ek ver­raai nou my volk nie! Ver­geet van my, in e­ni­ge kul­tuur wys dit al­tyd meer ka­rak­ter en meer in­te­gri­teit as jy op ’n plek kan kom waar jy met ie­mand kan praat oor húl­le en nie oor jousélf nie.

“Daar is ’n gróót stuk self­sug rond­om a­po­lo­gy-ge­sprek­ke, want men­se sê da­de­lik: ‘Ék gaan nie jam­mer sê nie, want ék het niks ge­doen nie; ék was nie daar nie. Daar is way te veel ek­ke in ’n ge­sprek waar dit oor ie­mand an­ders moet gaan. Dis vir my soos hu­ma­ni­ty 101 . . . Dit is die ba­si­cs van méns­wees en ons mis dit.

“Men­se voel hul­le wit vel is be­lang­ri­ker as hul ver­hou­ding met die He­re of om die reg­te ding te doen. En dis ’n rów­we ding om te sê, maar dis eer­lik­waar hoe ek voel.”

Sy ver­soe­nings­pro­jek is nie “net ’n wit-swart-ding” nie.

“Daar is klomp ge­sprek­ke wat moet ge­beur. In die sport­ge­meen­skap­pe . . . Ek wil nog flip­pen graag met ’n paar S­pring­bok­ke praat, ie­mand soos ou Wyn­and Claas­sen en ie­mand soos Al­lis­ter (Coet­zee) wat ’n swart S­pring­bok was . . . Ek wil met ou­ens praat wat op die grens was en net dán­kie sê vir dit wat hul­le ge­doen het, want ek dink ons sal dit nie be­sef nie want ek was nie daar nie, maar ek gaan ook nie weet as ek nie met hul­le kan praat nie . . . Al­mal sit met ver­won­ding en seer van daai tyd en ek voel net ge­sprek­ke gaan ’n way wees om ’n klein bie­tjie te kan help en net om me­kaar uit te hoor.”

Die ge­gons op so­si­a­le me­dia oor sy #Ver­soe­ning-pro­jek het be­gin na­dat S­te­ve Hof­meyr daar­op ge­re­a­geer het.

“Dis nooit ’n hu­ge ding tot S­te­ve dit post nie,” sê hy lag­gend. “Ek is on­ge­loof­lik dank­baar dat hy dit ge­post het, want ek het no­dig ge­had dat die ge­sprek ’n bie­tjie vlam vat. Hy het ge­sê die oom­blik wat jy jam­mer sê, moet jy ook jou huis en jou kar weg­gee en toe vra hy ook wan­neer gaan die B­rit­te vir die Boe­re jam­mer sê?

“Toe tref dit my: Ál­mal soek ’n jam­mer van ie­mand af. Ons sit met so baie A­fri­ka­ner-trots en ons wil brag oor die goed wat ons ge­doen het in die ver­le­de en die goed wat ons be­gin het en die hos­pi­ta­le wat ons ge­bou het en die in­fra­struk­tuur. Maar hoe­kom kan ons nie be­gin brag met ’n kul­tuur waar­in ons éér­ste hier­die ti­pe goed doen nie, want ons gáán a­ny­way nooit ’n jam­mer van die B­rit­te af kry nie.

“Baie men­se bring ook die plaas­moor­de op. En dan sê ek vir hul­le dit is flíp­pen hart­seer, net soos wat ’n moord in ’n towns­hip ook vir my hart­seer is . . . Ons het ’n self­sug­tig­heid; jy wil hê al­mal moet jóú seer ver­staan en hoor, maar jy kan nie vyf mi­nu­te vat en net ie­mand an­ders s’n ook uit­hoor nie. Maar ek ver­staan hoe­kom daar so ’n backlash is, want dit is moei­li­ke goed – dis nooit lek­ker om aan seer­plek­ke te krap nie. Om aan die ver­le­de te krap, is nóg moei­li­ker. Maar as die ver­le­de se won­de nog van­dag sig­baar is; dan moet jy daai won­de tre­at en my voor­stel is net: Kom ons pro­beer ge­sprek­ke.”

Ons praat weer oor sy kin­der­dae. Hy het in Pot­chef­stroom groot­ge­word waar sy pa ’n bou­er en sy ma ’n ver­pleeg­ster en la­ter tand­art­sas­sis­tent was.

“Ek was in 1994 die hoof­seun van my la­er­skool. Toe ons ’n ci­vvie­dag ge­had het, het ek die nu­we lands­vlag op my ge­sig ge­verf. Ek gaan toe so skool toe, want ek was soos: Ek koop in in hier­die droom en ons gaan ’n a­ma­zing nu­we land hê en daar gaan nu­we kin­ders in die skool kom. En ek is net soos . . . Ek wil net al­mal in­clu­de. En nog voor daai eer­ste pe­ri­o­de roep die hoof my en hy skél my so uit en hy ver­né­der my so dat ek my oë uit­huil in sy kan­toor om­dat ek my ge­sig ge­verf het in die lands­vlag se kleu­re.

“Ek sal daai dag nóóit in my le­we ver­geet nie. Ek lag nou lek­ker daar­oor as ek dit ver­tel, maar dit was reg­tig een van daai key mo­ments in my le­we waar ek be­sef het: Jis, ou­kei, so wat ook al nou gaan ge­beur vo­ren­toe, dit gaan móéi­lik wees om . . . ek wil nie sê om te ver­soen nie, want ek het nie ge­weet wat daai woord be­te­ken nie, maar net die i­dee wat ek in my kop het van om may­be deel te wees van ’n nu­we land en ’n denk­wy­se, gaan moei­lik wees en daar gáán teen­kan­ting kom van al­bei kan­te.

“My een vriend sê al­tyd die moei­li­ke ding van om ’n brug te wees is men­se loop oor jou van al­bei kan­te af, so jy gaan al­tyd maar flak hê van al­mal.”

Hy het be­sef: “Wow, nie al­mal is ac­tu­al­ly oop vir hier­die i­dee van ’n nu­we vlag of ’n nu­we land nie. So, daai dag was cra­zy in die sin van . . . al my ma­ke-up was ge­smud­ge, die he­le lands­vlag is ge­smud­ge oor my ge­sig en toe moes ek ob­vi­ous­ly nou my ge­sig af­was en jy kan jou ge­sig nooit weer skoon kry nie . . .”

Hy bla­meer nie die hoof vir wat hy ge­doen het nie.

“Want só lank is hy ge­sê swart men­se is die vy­and en ons land gaan ver­woes word en wat ook al . . . FW is ’n ver­raai­er, en moe­nie die land oor­gee nie. So, daai nar­ra­tie­we is al so lank in sy kop. Hy het nie . . . hoe­kom hy op my ge­skreeu en ge­skel het, was nie ’n per­soon­li­ke ding nie, dit was om­dat hy ge­leer is dít is die vy­and. Hy het dit maar net uit­ge­haal op my.”

Bou­wer Bosch sê hy het nog al­tyd “’n bran­den­de lief­de vir Suid­A­fri­ka en sy men­se” ge­had.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.