Pip­pie

Vol hoop ná reis na A­me­ri­ka

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Vyf jaar na­dat Pip­pie Kru­ger (8) om haar le­we moes veg na­dat sy der­de­graad­se brand­won­de oor 80% van haar lyf op­ge­doen het, is sy en haar ma, A­ni­ce, pas te­rug in Lep­ha­la­le (El­lis­ras) ná ’n be­soek aan die VSA, waar sy nog treë op haar her­stel­pad ge­gee het.

Sy en haar ma, A­ni­ce, was in Ju­nie by die Fa­mi­ly Ho­pe Cen­t­re (FHC) in Nor­ristown, Penn­sil­va­nië.

Hier het hul­le pro­gram­me ge­volg om ho­lis­ties na Pip­pie se ge­sond­heid om te sien.

Pip­pie het as drie­ja­ri­ge har­te aan­ge­gryp toe sy op Ou­jaars­aand 2011 in ’n frats­on­ge­luk by ’n vleis­braai by haar ou­er­huis in Lep­ha­la­le erg ver­brand het.

Vuur­aan­steek­jel het op haar ge­spat.

In Ju­nie 2012 is van Pip­pie se eie vel wat in die VSA ge­kloon is, suk­ses­vol op haar oor­ge­plant.

Haar wil om te leef het al­mal ver­stom, ver­al na­dat haar hart ver­skeie ke­re gaan staan en sy be­roer­tes ge­had het.

A­ni­ce sê sy is ver­stom oor hoe won­der­lik sy en Pip­pie be­han­del is op hul be­soek.

“A­me­ri­ka­ners be­han­del men­se met ge­stremd­he­de as­of hul­le ko­nink­li­kes is. Ek is ver­stom. Nie eens kin­ders staar, vra vrae of het Pip­pie aan­ge­gaap nie.”

Al­mal wat hul­le op hul be­soek te­ë­ge­kom het, was baie be­hulp­saam.

Pip­pie het lig­gaam­li­ke ge­stremd­he­de en loop met ’n loop­raam. Sy kan net se­ke­re woor­de sê.

A­ni­ce sê sy glo steeds haar “prin­ses­pop” het nie brein­ska­de nie.

Sy het in Fe­bru­a­rie ’n kur­sus by FHC ge­doen toe dié SuidA­fri­ka be­soek het.

In die kur­sus is A­ni­ce ge­leer om self na Pip­pie se ver­stan­de­li­ke ge­sond­heid en lig­gaam­li­ke ver­mo­ëns om te sien.

“Ek doen so­wat vyf uur per dag spe­si­fie­ke oe­fe­nin­ge met haar om haar ge­drag, be­grip en kom­mu­ni­ka­sie te be­vor­der.”

A­sem­ha­lings­me­to­des en hoe om Pip­pie se brein te sti­mu­leer, is deel van die pro­gram.

Pip­pie se di­eet is aan­ge­pas en sy eet net vleis, groen­te en ei­ers. Sy eet glad nie vrug­te, sui­ker of kool­hi­dra­te nie.

“Sy kon­sen­treer en luis­ter be­ter van­dat sy die di­eet volg,” sê haar ma.

Op hul be­soek was hul­le on­der meer in ’n tak van Wal­mart. “’n Mens kan al­les be­hal­we ge­son­de kos daar koop. Al­les het sui­ker in,” sê A­ni­ce.

Fo­to: FACEBOOK

Pip­pie Kru­ger (8), Suid­A­fri­ka se be­kend­ste brand­slag­of­fer, hou op ’n on­lang­se be­soek aan die VSA ’n A­me­ri­kaan­se vlag vas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.