R20 mil­joen

Dié fo­to is dalk so­veel werd

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die dag toe hy sien ie­mand an­ders ge­bruik die fo­to wat hy van oud­pres. Nel­son Man­de­la ge­neem het, het hy ge­weet hy word iets daar­voor ge­skuld.

So sê die fo­to­graaf S­haun Har­ris (54), wat die mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie en die re­ge­ring se in­lig­tings­diens (GCIS) vir R20 mil­joen hof toe sleep.

Die fo­to-a­gent­skap Pic­tu­reNet A­fri­ca, wat 50% van die ska­de­ver­goe­ding wil hê, is on­langs as die twee­de ei­ser by die saak ge­voeg.

Har­ris sê in hof­stuk­ke hy het op 8 Ja­nu­a­rie 1999 in die pre­si­dents­wo­ning in P­re­to­ria ’n ge­po­seer­de fo­to van Man­de­la, toe pre­si­dent, ge­neem.

Vol­gens Har­ris is die fo­to sy kuns­werk in­ge­vol­ge die Ko­pie­reg­wet en is hy die ko­pie­re­g­ei­e­naar.

Hy het die fo­to op 20 Ja­nu­a­rie 1999 aan Pic­tu­reNet be­skik­baar ge­stel om dit aan be­lang­stel­len­des te ver­koop.

Op 20 De­sem­ber 2006 het GCIS ’n li­sen­sie by Pic­tu­reNet ge­koop om die fo­to in ’n uit­ga­we van ’n boek te ge­bruik.

In 2013 het ’n ver­teen­woor­di­ger van die Man­de­la-fa­mi­lie ge­vra om al die fo­to’s van Man­de­la in die a­gent­skap se ar­gief te sien. Die fa­mi­lie het toe dié fo­to ge­kies, “’n feit wat nooit (aan Har­ris) ge­kom­mu­ni­keer is nie”, lui die hof­stuk­ke.

Man­de­la is op 5 De­sem­ber 2013 dood.

Die vol­gen­de dag het Har­ris ge­sien die fo­to is “ge­re­pro­du- seer” en word bui­te die ANC­hoof­kan­toor ge­bruik.

Har­ris sê op dié dag het die mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie en/of GCIS “die be­skerm­de werk on­reg­ma­tig ge­bruik en/of na on­ge­mag­tig­de der­de par­tye ver­sprei”.

Hier­na is dit af­ge­druk, ge­re­pro­du­seer, ge­pu­bli­seer en deur ver­skeie der­de par­tye ge­bruik. Hy het e-pos by die hof in­ge­dien waar­in ’n GCIS-amp­te­naar die fo­to aan ’n klomp men­se ge­stuur het. Die lys van e-pos­a­dres­se het 1½ blad­sy be­slaan.

Har­ris meen die fo­to is van 6 tot 10 De­sem­ber 2013 ook on­reg­ma­tig ge­bruik.

Op die rou­diens vir Man­de­la op 10 De­sem­ber in die FNB-sta­di­on in Jo­han­nes­burg is die fo­to deur re­pro­duk­sie op T-hem­de, ba­nie­re, web­wer­we, em­ble­me en in koe­ran­te, tyd­skrif­te en TV-beeld­ma­te­ri­aal ge­bruik.

Hy meen R20 mil­joen is die re­de­li­ke tan­tie­me wat hom toe­kom.

Hy vra ook ’n hof­be­vel wat die ver­weer­ders en der­de par­tye ver­bied om die fo­to te ver- sprei en te re­pro­du­seer.

Nau­dé van der Mer­we, di­rek­teur van Pic­tu­reNet, sê in hof­stuk­ke die a­gent­skap was van 20 De­sem­ber 2006 tot 30 Ja­nua- rie 2014 die al­leen­li­sen­sie­hou­er van die fo­to.

GCIS het in Ju­nie 2013 on­reg­ma­tig en son­der ’n li­sen­sie ’n oor­een­koms met S­he­re­no P­rin­ters aan­ge­gaan vir veel­vul­di­ge re­pro­duk­sies van die fo­to, sê hy.

Op 11 De­sem­ber 2013 is ’n twee­de li­sen­sie aan GCIS uit­ge­reik wat op 30 Ja­nu­a­rie 2014 ver­val het. Die ver­weer­ders het die fo­to eg­ter steeds ge­bruik.

Van der Mer­we sê Pic­tu­reNet se ko­pie­reg op die fo­to is ge­skend en die a­gent­skap is ge­reg­tig op ’n 50%-aan­deel aan al­le in­kom­ste wat die ver­weer­ders met die fo­to ver­dien.

Har­ris se pro­ku­reur, Andrew Boer­ner van Jur­gens Bek­ker­pro­ku­reurs in Bed­ford­view, sê Har­ris is se­dert 2013 van bak­boord na stuur­boord ge­stuur oor ’n een­vou­di­ge saak: Die ge­bruik van sy fo­to.

Die ver­weer­ders sê in hof­stuk­ke Har­ris se eis­be­son­der­he­de be­vat nie ’n skul­d­oor­saak nie, hul­le be­twis ’n be­las­ting­fak­tuur in Har­ris se hof­stuk­ke en moet be­spie­gel of Pic­tu­reNet die ei­e­naar van die fo­to is of ge­kwa­li­fi­seerd is om die li­sen­sie te ver­koop en of die li­sen­sie­oor­een­koms mon­de­lings of skrif­te­lik was.

Die ver­weer­ders meen die eis­be­son­der­he­de is ’n voor­skou van Har­ris se voor­ge­no­me ge­tui­e­nis voor die hof eer­der as die “we­sen­li­ke fei­te” waar­op die eis ge­grond is.

Die ver­weer­ders vra die hof om Har­ris te be­veel om sy eis­be­son­der­he­de te wy­sig.

Die fo­to­graaf S­haun Har­ris, wat R20 mil­joen eis weens die re­ge­ring se be­weer­de on­reg­ma­ti­ge ge­bruik van sy fo­to van Nel­son Man­de­la.

Fo­to: S­HAUN HAR­RIS

Die ge­po­seer­de fo­to van oud­pres. Nel­son Man­de­la waar­oor ’n hof­stryd ge­voer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.