Klad op Suid­A­fri­ka se naam, sê ken­ner

‘Re­ge­ring neem dié da­de nie erns­tig op’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

As Suid-A­fri­ka ge­dink het hy kan aan­spraak maak op ’n per­ma­nen­te se­tel in die Vei­lig­heids­raad van die Ver­e­nig­de Na­sies (VN), kan hy maar daar­van ver­geet ná gis­ter se uit­spraak in die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof in Den Haag.

So sê prof. Ma­ri­nus Wie­chers, grond­wet­ken­ner, na­dat dié hof be­vind het Suid-A­fri­ka het mis­luk om die hof se ver­soek uit te voer om pres. O­mar al-Ba­sjir van Soe­dan in 2015 hier te ar­res­teer. Daar­deur is die straf­hof ge­keer om sy plig­te uit te voer om Ba­sjir op aan­klag van volks­moord, mis­daad teen die mens­dom en oor­logs­mis­daad te ver­hoor.

Die hof het wel be­vind dit sal “fu­tiel wees om die saak te ver­wys na die Ver­ga­de­ring van Lid­lan­de van die Ver­drag van Ro­me of die Vei­lig­heids­raad”.

Wie­chers sê dit was te ver­wag­te dat die hof só ’n uit­spraak sou le­wer.

Die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring het ’n oor­tre­ding van ’n in­ter­na­si­o­na­le oor­een­koms ge­pleeg deur Ba­sjir nie des­tyds in heg­te­nis te neem en uit te le­wer nie.

“Dit wek die in­druk dat die SuidA­fri­kaan­se re­ge­ring mis­daad teen vol­ke­re en men­se nie erns­tig op­neem nie,” sê hy.

Die straf­hof is juis ’n di­rek­te uit­vloei­sel van die Neu­ren­berg-ver­ho­re waar­in Na­zi-lei­ers tus­sen 1945 en 1949 ver­hoor is.

“Dis waar die he­le i­dee van die hof van­daan kom. Dit lyk of die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring die doel van die hof nie ver­staan nie.”

Hy sê a­part­heid en ko­lo­ni­a­lis­me “ver­dwerg” vir Suid-A­fri­ka mis­da­de teen die mens­dom in by­voor­beeld Soe­dan en Ar­me­nië.

Wie­chers meen die uit­spraak is ’n klad op Suid-A­fri­ka se naam in die wê­reld en ’n sterk aan­ty­ging teen die land.

Die In­ter­na­si­o­na­le Kom­mis­sie van Ju­ris­te (ICJ) in S­wit­ser­land het die uit­spraak as ’n oor­win­ning vir in­ter­na­si­o­na­le ge­reg­tig­heid be­stem­pel.

Die ICJ het ’n be­roep op die re­ge­rings van Suid-A­fri­ka en Soe­dan ge­doen om die uit­spraak te re­spek­teer.

Fo­to: REUTERS

Pres. Ja­cob Zu­ma saam met sy amps­ge­noot, pres. O­mar al­Ba­sjir, ty­dens ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die ko­nink­li­ke pa­leis in Kar­toem in Fe­bru­a­rie 2015.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.