‘SA nie ge­reg­tig op eie in­ter­pre­ta­sie van Ver­drag van Ro­me’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Suid-A­fri­ka was nie daar­op ge­reg­tig om sy eie in­ter­pre­ta­sie van die Ver­drag van Ro­me te ge­bruik vir sy be­sluit om pres. O­mar al-Ba­sjir van Soe­dan nie in heg­te­nis te neem nie.

Die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof (IS) het gis­ter in sy uit­spraak oor die saak ge­sê art. 98 van die Ver­drag van Ro­me, die IS se stig­tings­ver­drag waar­van Suid-A­fri­ka ’n lid is, gee geen reg­te aan lid­lan­de om te wei­er om die hof se ver­soe­ke uit te voer nie. In die IS se voor­ver­hoor­sit­ting is be­vind deur Ba­sjir nié in heg­te­nis te neem nie, het Suid-A­fri­ka stry­dig met die Ver­drag van Ro­me op­ge­tree.

Ba­sjir was van 13 tot 15 Ju­nie 2015 in Sand­ton vir ’n be­raad van die A­fri­ka-U­nie en het daar­na van die Wa­ter­kloof-lug­ha­we ver­trek.

Die IS het ge­sê Suid-A­fri­kaan­se ho­we het reeds be­vind die re­ge­ring het stry­dig met die ver­drag op­ge­tree. Dit is be­lang­rik om te noem dat die re­ge­ring daar­na sy ap­pèl oor die saak te­rug­ge­trek het.

Dit blyk dat die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring aan­vaar het hy moet met die IS saam­werk.

Die hof het ge­sê as daar e­ni­ge twy­fel was, is dit plaas­lik in Suid- A­fri­ka en in die IS be­ves­tig dat Suid-A­fri­ka Ba­sjir in heg­te­nis moes ge­neem het. E­ni­ge moont­li­ke dub­bel­sin­nig­heid oor Suid-A­fri­ka se plig­te is uit die weg ge­ruim.

Lui­dens die meer­der­heids­uit­spraak het Suid-A­fri­ka aan­ge­voer Ba­sjir was as Soe­dan­ne­se staats­hoof “im­muun teen ver­vol­ging” toe hy in Suid-A­fri­ka was.

“As die op­stel­lers van die ver­drag wou hê dat staats­hoof­de se im­mu­ni­teit van die be­trok­ke ar­ti­kel uit­ge­sluit word, sou hul­le dit in een­vou­di­ge taal ge­stel het.”

Die hof het aan die ad­vo­ka­te wat na­mens die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring die uit­spraak by­ge­woon het, ge­sê Suid-A­fri­ka kan net teen die be­vin­ding ap­pel­leer as hy ver­lof by die voor­ver­hoor­ka­mer kry.

Die IS se eer­ste las­brief vir Ba­sjir se in­heg­te­nis­ne­ming is op 4 Maart 2009 uit­ge­reik. Die twee­de een is op 12 Ju­lie 2010 uit­ge­reik.

“Die ver­dag­te word steeds ge­soek,” sê die hof se web­werf.

“Die vol­gen­de stap is om hom in heg­te­nis te neem. Tot dan sal die saak in die voor­ver­hoor­fa­se bly.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.