‘Ons dink el­ke lie­we dag aan Ree­va...’

‘Sy was al jonk vir my en Ju­ne soos ’n ma’

Beeld - - Nuus - Can­di­ce Be­zui­den­hout

Die ge­buk­ken­de fi­guur met die grys ha­re en wit baard sit stok­siel­al­leen in die eet­ver­trek van sy re­stau­rant, The Bar­king S­pi­der, in Groen­bos­sies, Port E­li­za­beth.

Bar­ry S­teen­kamp, pa van die ver­moor­de Ree­va S­teen­kamp, is ’n ge­bro­ke man. Hy kyk op waar hy gis­ter op ’n hout­ban­kie langs ’n ou­tyd­se kool­stoof sit en ná vier jaar is die pyn steeds dui­de­lik in sy pot­blou oë te be­speur.

“Ons dink el­ke dag aan haar,” fluis­ter hy ter­wyl die tra­ne in sy oë op­wel. “El­ke lie­we dag.” Hy pro­beer die tra­ne ver­geefs weg­knip.

Ree­va, ’n mo­del wat op 19 Au­gus­tus van­jaar 34 jaar oud sou word, het wreed aan haar ein­de ge­kom toe sy op Va­len­tyns­dag 2013 deur haar kê­rel, die wê­reld­be­roem­de Pa­ra­lim­pie­se at­leet Os­car Pis­to­ri­us, dood­ge­skiet is.

Pis­to­ri­us het in sy ver­weer aan­ge­voer hy het haar vir ’n ro­wer aan­ge­sien toe hy dié nag ver­skeie sko­te deur die bad­ka­mer­deur van sy des­tyd­se huis in P­re­to­ria-Oos ge­vuur het.

Pis­to­ri­us is op 21 Ok­to­ber 2014 deur reg­ter T­ho­ko­zi­le Ma­si­pa tot vyf jaar tronk­straf ge­von­nis na­dat hy aan straf­ba­re man­slag skul­dig be­vind is.

Op 6 Ju­lie 2016 is hy ná ap­pèl deur die staat vir ses jaar tronk toe ge­stuur weens moord. Die staat meen dit is nie lang ge­noeg nie en doen tans by die ap­pèl­hof aan­soek om teen dié von­nis te ap­pel­leer.

S­teen­kamp haal ’n si­ga­ret uit ’n pak­kie en sit dit met be­wen­de vin­gers sta­dig voor hom op die hout­ta­fel­tjie neer.

Hy bring die si­ga­ret sta­dig na sy lip­pe, steek dit aan en neem ’n diep teug.

“Ons het nog daag­liks daar- die ge­voel van ver­lan­ge, maar tyd het baie ge­help. Ju­ne (Ree­va se ma) kom reg. Sy hou haar doe­nig met die Ree­va Re­bec­ca S­teen­kamp-stig­ting en dit hou haar ge­dag­tes be­sig. Ek is maar hier rond en hou ’n oog oor die on­der­ne­ming.”

S­teen­kamp se ge­sond­heid, wat die laas­te paar jaar lol, is steeds nie wat dit moet wees nie. Sy be­we­gings is swaar en hy word gou moeg.

“My ge­sond­heid is maar op en af dees­dae, maar dit kom mos al lank so aan. Ek was al by tal­le dok­ters en spe­si­a­lis­te, maar dit gaan ou­kei met my. Soos jy kan sien, lyk ek da­rem nie te sleg nie,” sê hy en glim­lag flou.

Hy staan moei­saam op, loop na die kroeg­ge­deel­te van die re­stau­rant en be­duie na se­we plak­ka­te van Ma­ri­lyn Mon­roe aan die pienk­pers mu­re.

“Ma­ri­lyn Mon­roe was Ree­va se guns­te­ling, Ju­ne s’n ook. Ons het die plak­ka­te al­tyd ge­hou en toe ons dié plek­kie oop­maak, het ek en Ju­ne dit da­de­lik op­ge­sit.”

Op die vraag of die plak­ka­te hom aan Ree­va her­in­ner, word hy eers ’n oom­blik stil en pro­beer sy e­mo­sies in be­dwang bring.

Die tra­ne spring op­nuut in sy oë en hy wring sy han­de voor­dat hy ant­woord: “Daar is so baie din­ge wat my aan Ree­va her­in­ner. Ek kan hier sit en nou met jou praat, dan kom sy skie­lik in my ge­dag­tes op.

“Jy kan maar wat ook al doen op ’n spe­si­fie­ke dag, of jou met wat ook al be­sig hou, dan laat daar­die ein­ste ding haar in ons ge­dag­tes op­kom.

“Ons het heel­wat van haar be­sit­tings ge­hou, ver­al fo­to’s en skil­de­rye. Ver­al dít her­in­ner ons baie aan haar.”

S­teen­kamp wil nie juis praat oor Pis­to­ri­us, wat gis­ter pre­sies ’n jaar in die tronk deur­ge­bring het, nie.

“Ek het nie eens ge­weet hy is van­dag ’n jaar in die tronk nie. Ons weet ook nie wat met sy ap­pèl gaan ge­beur nie, maar ons wil niks daar­mee te doen hê nie. Dit hang van die reg af en dis sy pro­bleem. Ons wil niks met hom te doen hê nie. Ons het ge­noeg ge­had.”

S­teen­kamp voeg by: “Ons gee nie om of hy ’n dag, ’n jaar of 15 jaar sit nie. Dit maak aan ons geen ver­skil nie.”

Die S­teen­kamp-ge­sin be­plan om op 19 Au­gus­tus, Ree­va se ver­jaar­dag, blom­me in die see te gooi waar hul­le haar as by So­mer­strand ge­strooi het.

“Ons doen dit el­ke jaar,” sê S­teen­kamp met ’n stem dik van die tra­ne.

“Ree­va was ’n le­wens­lus­ti­ge kind en was selfs op ’n jong ou­der­dom vir my en Ju­ne soos ’n ma. Dis hoe vol­was­se sy was.

“Sy was vir ons ál­les.”

Ons het nog daag­liks daar­die ge­voel van ver­lan­ge, maar tyd het baie ge­help.

Fo­to: CHARLES PULLEN

Bar­ry S­teen­kamp, pa van die ver­moor­de Ree­va S­teen­kamp, praat vier jaar ná sy dog­ter se dood in sy re­stau­rant oor sy hart­seer en ver­lan­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.