A­mor gaan in­ter­dik vra teen be­krui­per

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

A­mor Vit­to­ne se regs­ver­teen­woor­di­ger be­rei ’n aan­soek om ’n in­ter­dik voor teen ’n be­krui­per.

Die aan­soek sal na ver­wag­ting aan­staan­de week by die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg in­ge­dien word, het die pro­ku­reur Se­an Hef­fer­man be­ves­tig.

Vit­to­ne het gis­ter­og­gend in ’n on­der­houd op die ra­di­o­sta­sie Ja­ca­ran­da 94.2 FM ge­sê het ’n be­krui­per is op haar spoor.

“B­rie­we is na my huis ge­stuur,” het sy in die on­der­houd met Mar­tin Be­ster en Tu­mi Mo­ra­ke ge­sê.

“Ons word ge­ïn­ti­mi­deer en ge­dreig . . . my kin­ders word ook ge­dreig.”

Vit­to­ne het ge­sê sy weet wie die b­rie­we ge­stuur het. Die b­rie­we is nou by haar pro­ku­reur.

Hef­fer­man kon eg­ter nie be­ves­tig of dit be­kend is wie die skry­wer van die b­rie­we is nie.

Vit­to­ne het in die on­der­houd ge­sê: “Ek het hand­skoe­ne aan­ge­trek toe ek dit lees, want ek het ge­dink ons moet die vin­ger­af­druk­ke be­waar. Hoe meer ek dit ge­lees het en hoe meer dit my seer en kwaad moes maak, hoe meer wou ek net lag, want ek het ge­won­der: ‘Hoe laag moet jy daal om so iets te doen? Jy moet baie on­se­ker van jou­self wees.’ ”

Be­ster het haar ge­vra of die b­rie­we per­soon­li­ke be­son­der­he­de be­vat en of dit ie­mand is wat haar ken.

Vit­to­ne het be­ves­ti­gend ge­ant­woord.

Sy het ver­tel hoe moei­lik die laas­te paar maan­de van haar oor­le­de man, Joost van der West­hui­zen, se le­we vir haar en haar kin­ders was.

“In die laas­te tyd het hul­le aan my ge­sê: ‘Ek wil nie met Pa praat nie, want ek wil hom nie só sien nie.’ ”

Sy het vas­ge­vang ge­voel tus­sen haar kin­ders en Van der West­hui­zen en het pro­beer om al­mal by­me­kaar te hou.

“Ek moes aan Joost ver­dui­de­lik hoe­kom hul­le nie wil kom nie, en dit was baie moei­lik,” sê sy.

“Hy sou my vra: ‘Hoe­kom? Ont­stel ek hul­le?’ Dan moes ek ver­dui­de­lik dat hy hul­le nie ont­stel nie, dat hul­le net kin­ders is en dat hul­le deur ’n moei­li­ke tyd gaan. Maar wat ons saam ge­hou het, was ons lief­de. “Ek is steeds lief vir Joost.” Vit­to­ne het ge­sê sy dink ’n wan­op­vat­ting be­staan dat sy van Van der West­hui­zen wou skei, maar dit was eint­lik hy wat eg­skei­dings­do­ku­men­te aan haar be­te­ken het.

Vit­to­ne en van haar fa­mi­lie­le­de is nou in S­pan­je, waar haar seun, Jor­dan (13), aan ’n in­ter­na­si­o­na­le sok­ker­toer­nooi deel­neem.

Fo­to: GALLO

A­mor Vit­to­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.