Br­ü­mil­da se broer dood in bly­plek ge­kry

Beeld - - Nuus - – Na­di­ne T­heron

Die ak­tri­se Br­ü­mil­da van Rensburg se fo­to­graaf­broer, Re­ni­co (64), is eer­gis­ter oor­le­de.

Sy het die nuus gis­ter uit Por­tu­gal op Facebook be­kend ge­maak. Sy en haar ma­triek­vrien­de hou daar va­kan­sie.

“Ons ge­lief­de broer Re­ni­co is oor­le­de,” het sy ge­skryf. “Woor­de het ek nie. Ek sal weer praat as ek kan.”

Re­ni­co was die oud­ste kind en het nog twee jon­ger sus­ters ge­had, F­re­de­ri­ka en Nancy.

Vol­gens Nancy het sy on­raad ver­moed toe hy nie haar bood­skap­pe be­ant­woord het nie. Sy as­sis­tent het sy woon­stel in P­let­ten­berg­baai, waar hy dood ge­vind is, vir Nancy oop­ge­sluit.

Hy het glo hart­pro­ble­me ge­had en hul­le ver­moed hy is in sy slaap aan ’n hart­aan­val dood. “Ons het ons mors­dood ge­huil,” sê sy.

Nancy sê Re­ni­co het nog tot sy dood hard ge­werk. Hy was so­wat drie we­ke ge­le­de nog by Br­ü­mil­da in Jo­han­nes­burg. “Sy het ge­dink hy is die bes­te,” sê Nancy.

Re­ni­co was ’n be­ken­de mo­d­een skoon­heids­fo­to­graaf, as­ook mo­del­be­stuur­der en -a­gent.

Vol­gens sy pro­fes­si­o­ne­le web­tuis­te het hy ’n Guin­ness-

Sy het ge­dink hy is die bes­te. — NANCY VAN RENSBURG

wê­reld­re­kord op­ge­stel vir die lang­ste on­on­der­bro­ke mo­de­fo­to­ses­sie toe hy meer as 76 uur lank mo­del­le af­ge­neem het.

“Toe ons hom vind, toe lyk hy so prag­tig soos wat ons hom ken, soos ons boe­tie,” sê Nancy.

Fo­to: FACEBOOK

Een van die fo­to’s wat Re­ni­co van sy ge­lief­de sus­ter, Br­ü­mil­da van Rensburg, ge­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.