Krag­prys­skok­ke

Min­der kos nou veel meer, sê ver­brui­kers

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die eer­ste groot skok na­dat die nu­we munisipale e­lek­tri­si­teits­ta­rie­we op 1 Ju­lie in­ge­stel is, tref men­se wat voor­af­be­taal­de krag koop die een ná die an­der.

Dit maak nie saak waar in die land jy woon nie – in ’n me­tro­ge­bied soos Tshwa­ne of op die plat­te­land – jy be­taal meer en kry min­der.

“Ek het nog ver­le­de maand 108 een­he­de vir R120 ge­kry. Dié maand het ek R150 be­taal en net 77 een­he­de ge­kry,” sê ’n in­wo­ner van So­mer­set-Wes.

Een van die groot skok­ke is dat mu­ni­si­pa­li­tei­te hul skaal­ta­rief vir ge­sub­si­di­eer­de e­lek­tri­si­teit uit­fa­seer.

Van 1 Ju­lie af raak dit net in Kaap­stad so­wat 40 000 ver­brui­kers wat nie meer die eer­ste 50 kW/h e­lek­tri­si­teit gra­tis kry nie.

E­s­kom het sy tariewe al op 1 A­pril ver­hoog. Die nu­we tariewe van mu­ni­si­pa­li­tei­te, wat e­lek­tri­si­teit in groot maat by E­s­kom koop en dit in hul ge­bied ver­sprei, geld van 1 Ju­lie af.

Ter­wyl die Na­si­o­na­le E­ner­gie­re­gu­leer­der (Ner­sa) ’n ge­mid­del­de ver­ho­ging van 2,2% goed­ge­keur het, voeg mu­ni­si­pa­li­tei­te ek­stra ver­ho­gings by om hul beur­sie vet­ter te maak.

Hoe­wel mu­ni­si­pa­li­tei­te by Ner­sa aan­soek moet doen om by­ko­men­de ver­ho­gings goed te keur, het net 12 van die meer as 200 mu­ni­si­pa­li­tei­te die moei­te ge­doen om in Mei op te daag vir ’n ver­ga­de­ring hier­oor met Ner­sa, sê Ted Blom, die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) se kun­di­ge oor E­s­kom en krag­ta­rie­we.

Ou­ta voer aan mu­ni­si­pa­li­tei­te vol­doen nie een aan die be­paal­de re­gu­la­sie dat hul­le aan Ner­sa móét aan­dui wat dit hul­le kos om die e­lek­tri­si­teit te ver­sprei nie.

“Mu­ni­si­pa­li­tei­te oor die land heen het elk hul eie ta­rief­ska­le. Daar is so­wat 900 van dié ta­rief­ska­le.

“Mu­ni­si­pa­li­tei­te moet in hul aan­soe­ke om el­ke skaal aan­dui wat hul kos­te is en dié kos­te moet ge­ou­dit wees,” sê Blom.

Hy sê in Suid-A­fri­ka word blok­ta­rie­we voor­ge­hou om ver­keer­de­lik die in­druk by ver­brui­kers te wek dat e­lek­tri­si­teit goed­koop is en duur­der word na­ma­te ’n ge­sin meer krag ge­bruik.

Die werk­li­ke som wat ge­bruik moet word, is een ta­rief vir ver­bruik tot 1 000 kW/h, want dit is wat ’n ge­mid­del­de ge­sin van twee ou­ers en twee kin­ders ge­bruik, sê Blom.

“En dit is bog dat mu­ni­si­pa­li­tei­te die ek­stra in­kom­ste ge­bruik om straat­lig­te aan die gang te hou. Dit is waar­voor ’n mens erf­be­las­ting be­taal,” sê Blom. ) S­tuur e-pos aan mbar­nard1@ 24.com as jy in­lig­ting oor jou duur­der krag wil deel.

En dit is bog dat mu­ni­si­pa­li­tei­te die ek­stra in­kom­ste ge­bruik om straat­lig­te aan die gang te hou. Dit is waar­voor ’n mens erf­be­las­ting be­taal. — TED BLOM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.