‘Oor­log’ woed tus­sen U­bers, taxi’s

Beeld - - Nuus - – News24

Die bestuurder van ’n me­ter­taxi was Woens­dag in Sun­ny­si­de, P­re­to­ria, aan die slaap toe ’n pe­trol­bom in sy voer­tuig ge­gooi en hy aan die brand ge­slaan het. Dit was die twee­de voor­val van dié aard bin­ne twee dae.

Dit lyk as­of Woens­dag se voor­val deel vorm van die voort­sle­pen­de ve­te tus­sen die me­ter­tax­i­be­dryf en die U­ber­maat­skap­py.

’n Uber-mo­tor is Dins­dag na­by Hat­field in P­re­to­ria deur ses voer­tuie tot stil­stand ge­dwing, waar­na die bestuurder aan­ge­rand en sy voer­tuig aan die brand ge­steek is.

Die bestuurder het aan die po­li­sie ge­sê hy is ’n Uber-bestuurder, maar die maat­skap­py het daar­na ge­sê sy voer­tuig is nie op hul amp­te­li­ke Uber-app ge­re­gis­treer nie.

Die me­ter­tax­i­be­stuur­der wat Woens­dag deur­ge­loop het, be­weer hy het by een van die klei- ner tax­istaan­plek­ke in Sun­ny­si­de ge­sit toe ’n voer­tuig langs hom stil­ge­hou het.

Hy be­weer drie mans het uit­ge­spring, sy mo­tor­rui­te met klip­pe ge­breek en ’n pe­trol­bom in sy voer­tuig ge­gooi. Hul­le het daar­na weg­ge­jaag.

“Ek het aan die brand ge­raak, maar kon ge­luk­kig my bran­den­de hemp uit­trek,” het die bestuurder ge­sê.

Hy het ge­rin­ge brand­won­de aan sy rug en lin­ker­arm op­ge­doen. Men­se op die to­neel het die vlam­me in die voer­tuig ge­blus.

Die bestuurder be­weer U­ber­tax­i­be­stuur­ders is be­sig om klei­ner tax­istaan­plek­ke wat mak­li­ker tei­kens is aan te val.

Twee an­der me­ter­taxi’s is Woens­dag in Sun­ny­si­de met klip­pe en pe­trol­bom­me be­stook.

Al­bei be­stuur­ders het on­ge­deerd daar­van af­ge­kom en geen be­dui­den­de ska­de is aan­ge­rig nie. Kapt. Ma­vela Ma­son­do, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het al drie voor­val­le be­ves­tig.

Vol­gens hom on­der­soek die po­li­sie klag­te van kwaad­wil­li­ge saak­be­ska­di­ging en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

Vol­gens hom ver­moed die po­li­sie dat Woens­dag se aan­val­le moont­lik ver­gel­ding vir Dins­dag se aan­val op die Uber-bestuurder in Hat­field was.

’n Me­ter­tax­i­be­stuur­der het op voor­waar­de van a­no­ni­mi­teit ge­sê daar woed ’n “oor­log” tus­sen hul­le en die Uber-be­stuur­ders om­dat Uber hul­le van be­sig­heid be­roof.

’n An­der me­ter­tax­i­be­stuur­der het ge­kla dat Uber nie ge­re­gu­leer word nie en dus nie aan die­self­de re­ëls as hul­le on­der­werp word nie.

Reu­ben M­zayiya, woord­voer­der van die Gau­teng Me­te­red Taxi As­so­ci­a­ti­on, het ge­sê hy is be­wus van die on­lang­se aan­val­le op me­ter­taxi’s en hul­le is be­sig om die de­par­te­ment van ver­voer te na­der om die koers vo­ren­toe te be­paal.

Hy het vrae oor hoe die re­ge­ring kan sê dat Uber on­wet­tig is en ter­self­der­tyd niks daar­om­trent doen nie.

Die de­par­te­ment van ver­voer was nie on­mid­del­lik be­skik­baar om kom­men­taar te le­wer nie en Uber SA het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Ek het aan die brand ge­raak, maar kon ge­luk­kig my bran­den­de hemp uit­trek. — UBER­BESTUURDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.