Joer­na­lis­te se seun in huis aan­ge­val

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Die prog­no­se lyk goed vir Han­nes Wie­se (30), seun van die skry­wer en joer­na­lis To­bie Wie­se en El­na van der Mer­we, Huis­ge­noot se boe­ke-en-ver­haal­re­dak­teur.

Han­nes het gis­ter erns­ti­ge kop­be­se­rings in ’n aan­val op­ge­doen.

Hy en sy le­wens­maat, Bar­ba­ra See­le (32), is in die vroeë og­gend­u­re deur vier mans in hul huis bui­te S­tel­len­bosch aan­ge­val.

Han­nes het ’n brein­o­pe­ra­sie on­der­gaan wat so­wat twee uur ge­duur het, het To­bie gis­ter ge­sê.

Die brein­chi­rur­ge is vol­gens hom te­vre­de met Han­nes se toe­stand. Hy word in die Me­di­cli­nic Ver­ge­le­gen in So­mer­se­tWes be­han­del.

“Die dok­ters moes die bloe­ding op sy brein han­teer.

“Hul­le het ook ’n been­tjie wat in sy ske­del be­land het, ver­wy­der.”

Die prog­no­se is goed, sê To­bie.

Han­nes en See­le het ge­slaap toe die mans tus­sen 00:00 en 00:30 by die kot­huis op die plaas G­len­con­ner in die Jon­kers­hoek-ge­bied in­ge­kom het.

Die mans het glo ’n leer ge­bruik en deur ’n ven­ster van die kot­huis ge­klim.

Die kot­huis is bo-op ’n skuur.

See­le kon daar­in slaag om weg te kom en a­larm te maak. Sy is on­ge­deerd.

Han­nes is glo deur die vier mans vas­ge­maak en aan­ge­rand.

Die mans het met ’n skoot­re­ke­naar en sel­fo­ne weg­ge­kom.

Die skry­wer en joer­na­lis To­bie Wie­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.