Lor­rie­dry­wer in on­ge­luk ver­volg

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

Die bestuurder van die vrag­mo­tor wat Dins­dag in die on­ge­luk na­by Ma­cha­do­dorp in M­pu­ma­lan­ga be­trok­ke was waar­in 18 men­se dood is, word ver­volg.

Se­bas­ti­an Ma­cu­a­cua, ’n Mo­sam­biek­se bur­ger, het eer­gis­ter in die land­dros­hof in Bel­fast ver­skyn op 18 aan­klag­te van man­slag. Hy is nie ge­vra om te pleit nie en bly in aan­hou­ding tot Maan­dag met sy vol­gen­de hof­ver­sky­ning.

Die oor­le­de­nes was al­mal werk­ne­mers van die spe­si­a­lis-bou­maat­skap­py Fran­ki A­fri­ca. Hul­le was in ’n mi­ni­bus en ’n mid­del­slag­bus­sie van Ma­cha­do­dorp na hul werk­plek in Bad­plaas on­der­weg waar Fran­ki A­fri­ca ge­o­teg­nie­se werk doen vir die N­ko­ma­ti-nik­kel­myn.

Die on­ge­luk het vroeg­og­gend ge­beur toe die vrag­mo­tor en die mi­ni­bus ge­bots het en die mid­del­slag­bus­sie daar­na in al­bei voer­tuie vas­ge­ry het. Die be­stuur­ders van al­bei bus­sies is in die on­ge­luk dood. Al­te­sa­me 16 men­se is op die to­neel dood ver­klaar, ter­wyl twee la­ter in die hos­pi­taal dood is. Nog 15 werk­ne­mers is in die on­ge­luk be­seer en in hos­pi­ta­le op­ge­neem. Een van hul­le is in­tus­sen ont­slaan.

M­pu­ma­lan­ga se de­par­te­ment van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, se­ku­ri­teit en ska­ke­ling het in­tus­sen aan­ge­kon­dig ’n rou­diens word van­dag by die sta­di­on in Emt­hon­je­ni, Ma­cha­do­dorp, ge­hou.

So lyk die wrak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.