Seun erns­tig ná swerm bye men­se pak

Beeld - - Nuus - – A­let van der Walt

Min­stens tien men­se is gis­ter­mid­dag laat deur ’n swerm bye in P­re­to­ria-Noord ge­steek toe ie­mand ’n tak van ’n boom af­ge­saag het.

Nick Dol­l­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re 911, sê vol­gens oog­ge­tui­es het daar kort voor pa­ra­me­di­ci se aan­koms by die to­neel cha­os ge­heers, met men­se wat rond­ge­hard­loop het en men­se wat an­der weg van die bye ge­sleep het.

Ie­mand het ook die bye met ’n brand­blus­ser ge­spuit.

On­ge­veer tien men­se is deur die bye ge­steek, on­der wie twee vroue wat uit hul mo­tors ge­klim het om die slag­of­fers te help.

’n Be­jaar­de vrou wat deur die bye ge­pak is, is op die to­neel ge­help.

Dol­l­man sê nie een van die men­se wou me­die­se be­han­de­ling hê nie.

’n Jong seun wat al­ler­gies vir by­ste­ke is en ook ’n me­die­se toe­stand het, is op sy kop en nek ge­steek.

Nood­diens­wer­kers het die 11-ja­ri­ge seun ’n ent weg van die to­neel be­han­del. Al­te­sa­me 13 by­an­gels is uit die kind se kop en nek ver­wy­der en hy is na ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal ge­neem.

Sy toe­stand is erns­tig, maar sta­biel, sê Dol­l­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.