Mo­tor val op Rand­se werk­tuig­kun­di­ge

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

’n Werk­tuig­kun­di­ge het har­sing­skud­ding en kneu­sings op­ge­doen toe die mo­tor waar­on­der hy ge­staan het, op hom ge­val het.

Den­nis Ka­te­ma (41) sal vir ’n dag of twee in die hos­pi­taal ge­hou word om sy toe­stand te mo­ni­tor.

“Hy is op die to­neel be­han­del en toe per lug­am­bu­lans hos­pi­taal toe ge­bring,” sê Nick Dol­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re 911.

Ka­te­ma se werk­ge­wer, Ben Koch, ei­e­naar van P­rin­ces Mo­tors in Be­no­ni, sê hy is ge­skok.

“Mnr. Ka­te­ma is ’n lief­li­ke mens wat al ja­re lank by ons werk.”

Koch sê vol­gens die in­lig­ting wat hy ont­vang het, is Ka­te­ma nie in ’n kri­tie­ke toe­stand nie.

Die ver­vaar­di­ger van die hys­toe­stel waar­op die voer­tuig was, stel on­der­soek in. “Die on­ge­luk sal by die de­par­te­ment van ar­beid aan­ge­meld word as ’n be­se­ring aan diens. Die maat­skap­py het ’n me­die­se fonds vir werk­ne­mers,” sê Koch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.