Die­re­tuin het nood­plan vir sta­king

Beeld - - Nuus - – Seug­net van Zyl

Die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria het ’n nood­plan om sy die­re se wel­stand en be­soe­kers se vei­lig­heid te ver­se­ker met ’n drei­gen­de sta­king op han­de.

So­wat 120 die­re­tuin­wer­kers wat le­de is van die Na­ti­o­nal Tra­de U­ni­on Con­gress (N­tuc) be­plan om dié na­week te staak. On­der hul­le is die­re­ver­sor­gers, skoon­ma­kers en al­ge­me­ne wer­kers, sê Craig Al­len­by, woord­voer­der van die die- re­tuin. Dit is so­wat ’n der­de van die die­re­tuin se per­so­neel­le­de.

Sop­ho­nia Ma­cha­ba, na­si­o­na­le se­kre­ta­ris van N­tuc, sê hul­le dring daar­op aan dat wer­kers op Son­dae dub­bel be­taal word en 1,5 keer op Sa­ter­dae.

Dr. C­lif­ford Nxo­ma­ni, be­stu­ren­de di­rek­teur van die die­re­tuin, sê: “Dié re­ë­ling wat N­tuc voor­stel, is on­prak­ties en nie fi­nan­si­eel haal­baar nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.