Teis­ter is nie be­toog, sê reg­ter

Sa­nef: Uit­spraak van­dag ge­le­wer

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Black First Land First (BLF) mag op o­pen­ba­re plek­ke be­toog, maar daar is ’n ver­skil tus­sen be­toog en teis­ter, het reg­ter C.J. van der West­hui­zen gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê.

Hy het die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) se drin­gen­de aan­soek om ’n in­ter­dik teen An­di­le Mngx­i­ta­ma en die BLF aan­ge­hoor en sal van­dag uit­spraak le­wer.

In die aan­soek, ge­lei deur Mahlat­se Gal­lens, voor­sit­ter van Sa­nef, vra die or­ga­ni­sa­sie en joer­na­lis­te die hof om Mngx­i­ta­ma en die BLF te ver­bied om ver­slag­ge­wers en re­dak­teurs te teis­ter, in­ti­mi­deer, aan te rand en te dreig oor hul ver­slag­ge­wing oor en ont­le­dings van kor­rup­sie en staat­skaping.

Adv. Brandon S­ha­ban­gu, vir Mngx­i­ta­ma en die BLF, het ge­sê die aan­soek is nie drin­gend nie en die joer­na­lis­te moet eer­der ’n saak by die po­li­sie aan­han­gig maak as om die hof daar­oor te na­der.

“Daar was net een be­to­ging en dit was by Pe­ter Bru­ce (toe­sig­hou­den­de re­dak­teur van Ti­so Black­star) se huis.

“Die drin­gend­heid het by dié be­to­ging ge­ëin­dig,” het hy aan­ge­voer.

“Wat van die twiets op 3 Ju­lie?” wou Van der West­hui­zen weet.

S­ha­ban­gu het ge­sê die in­ter­pre­ta­sie van dié twiets is “mis­plaas” om­dat BLF bloot ge­sê het wat hy gaan doen en dat dit nie as teis­te­ring tel nie.

Van der West­hui­zen het ge­vra: “Hoe is dit nie teis­te­ring nie as die BLF ge­twiet het hy sal te­rug­gaan na Pe­ter Bru­ce se huis?

“Dit is ook dui­de­lik teis­te­ring as jy sê jy sal voor ie­mand se plek van aan­bid­ding be­toog.”

Hier­op het S­ha­ban­gu ge­sê die BLF “er­ken nie ei­e­naar­skap van al­le twiets nie”.

Toe Van der West­hui­zen vra hoe die twiets dan van die BLF se amp­te­li­ke T­wit­ter-re­ke­ning ge­stuur is, het S­ha­ban­gu ge­sê: “U weet daar kan by dié din­ge in­ge­dring word.”

Die men­se in die o­pen­ba­re ga­le­ry van die hof het hard­op ge­lag.

Adv. Tem­be­ka Ng­cu­kai­to­bi, vir Sa­nef, het ge­sê dit is ab­surd om die joer­na­lis­te te pro­beer keer om ’n in­ter­dik teen die BLF te kry.

“Dis soos om vir ’n vrou wat deur haar man ge­slaan word te sê sy moet eers po­li­sie toe gaan voor­dat sy ’n in­ter­dik teen hom kry.”

Ng­cu­kai­to­bi het ge­sê die po­li- sie het ver­le­de week niks ge­doen om drie joer­na­lis­te te be­skerm toe BLF-le­de bui­te Bru­ce se huis in Jo­han­nes­burg by­een­ge­kom het nie.

BLF-on­der­steu­ners het Tim Co­hen, re­dak­teur van Bu­si­ness Day, en die joer­na­lis en kom­men­ta­tor Ka­ri­ma Bro­wn aan­ge­rand toe hul­le fo­to’s van hul­le pro­beer neem het.

Die drie po­li­sie­be­amp­tes op die to­neel het Bro­wn vir die aan­ran­ding ge­bla­meer om­dat sy die be­to­gers “uit­ge­lok” het, het Ng­cu­kai­to­bi ge­sê.

Bro­wn sê in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring ’n BLF-on­der­steu­ner het haar ge­skop, ge­slaan en haar bril van haar ge­sig af­ge­klap.

Die BLF het ge­spot met Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, se op­roep om ver­slag­ge­wers uit te los.

Die BLF het ge­twiet M­ba­lu­la sal hul­le nie kan keer nie en het hom on­der meer ’n nar ge­noem.

Be­ne­wens ’n be­vel dat die BLF sy op­tre­de staak, vra Sa­nef dat die hof die BLF be­veel om ’n ver­kla­ring aan sy le­de uit te reik waar­in hy sê hy duld nie sul­ke op­tre­de teen­oor e­ni­ge joer­na­lis nie.

Hy het ook ge­vra dat die BLF sy regs­kos­te dra.

Die aan­soe­kers om die in­ter­dik is Co­hen; Bru­ce; Sam So­le; ’n on­der­soe­ken­de ver­slag­ge­wer van a­maB­hun­ga­ne; A­dri­aan Bas­son, re­dak­teur van News24; S­te­phen Groo­t­es, ver­slag­ge­wer en po­li­tie­ke kom­men­ta­tor van EWN; die ru­briek­skry­wer Max du P­reez; Bar­ry Ba­te­man, ’n ver­slag­ge­wer van EWN; Bro­wn, ’n ver­slag­ge­wer en po­li­tie­ke ont­le­der; Eu­se­bi­us M­cKai­ser, ’n po­li­tie­ke kom­men­ta­tor en aan­bie­der van ’n ge­sels­pro­gram; Fe­ri­al Haf­fa­jee, toe­sig­hou­den­de re­dak­teur van Huf­fing­ton Post South A­fri­ca; en Ka­ty Ka­to­po­dis, hoof­re­dak­teur van die P­ri­me­dia Group.

Fo­to: WIKUS DE WET

Adv. Brandon S­ha­ban­gu, regs­ver­teen­woor­di­ger van An­di­le Mngx­i­ta­ma en Black First Land First (BLF).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.