Boe­lies met waar­heid se swaard ver­slaan

Beeld - - Kommentaar - Heinz M­öd­ler

Su­na Ven­ter (1985-2017) is nie meer met ons nie, maar dit be­te­ken nie sy het ver­loor nie. In­teen­deel. Sy het haar boe­lies ver­slaan met die swaard van waar­heid en ge­reg­tig­heid.

Die e­nig­ste ver­weer waar­na hul­le kon gryp, was aan­val­le van in­ti­mi­da­sie en ge­weld op haar lig­gaam en psi­ge, in so ’n ma­te dat haar hart in­ge­gee het.

Su­na is ver­le­de week dood weens stres­ge­ïn­du­seer­de kar­di­o­mi­o­pa­tie, ook be­kend as “ge­bro­ke­hart-” of ta­kot­subo-sin­droom.

S­tres ver­oor­saak ge­woon­lik simp­to­me soos angs­tig­heid, sla­pe­loos­heid, be­we­ra­sies en hart­klop­pings.

Maar is dit werk­lik moont­lik om te sterf weens te veel s­tres?

Daar is twee be­lang­ri­ke se­nu­wee­stel­sels wat die lig­gaam se funk­sies on­der­steun. Die een is wil­le­keu­rig, en jy kan self be­sluit of jy wil sit, staan, hard­loop of sluk. Die an­der een is ou­to­noom, wat on­be­wus­te funk­sies soos hart­klop, bloed­druk, derm­be­we­gings en hor­moon­af­skei­ding be­heer.

Om fi­si­o­lo­gie­se ver­an­de­rin­ge te­weeg te bring, word che­mie­se stow­we af­ge­skei om die e­lek­trie­se bood­skap in die se­nu­wee oor te ska­kel na ’n be­vel op sel­lu­lê­re vlak in die tei­ken­or­gaan. Een van dié so­ge­naam­de se­nu­wee-oor­drag­stow­we is a­dre­na­lien. A­dre­na­lien het ver­skeie funk­sies, maar ’n ver­ho­ging in die bloed­druk en hart­klop is ver­al be­lang­rik.

Wan­neer die lig­gaam in ge­vaar is, word mas­sie­we hoe­veel­he­de a­dre­na­lien af­ge­skei om jou in staat te stel om by­voor­beeld oor ’n hoë muur te spring (die so­ge­naam­de veg-of-vlug-re­ak­sie).

Ty­dens s­tres word ver­hoog­de vlak­ke van a­dre­na­lien ook in die bloed ge­vind.

As dit chro­nies hoog bly, sal die per­soon nie net ’n ver­hoog­de hart­klop en bloed­druk on­der­vind nie, maar ook moont­lik ab­nor­ma­le rit­me­steur­nis­se en hart­spier­ver­an­de­rin­ge.

As die hart­spier so­veel ver­swak dat dit nie ge­noeg bloed aan die or­ga­ne kan le­wer nie, word van kar­di­o­mi­o­pa­tie ge­praat. Dis ’n baie erns­ti­ge toe­stand en dik­wels is die e­nig­ste be­han­de­ling ’n hart­oor­plan­ting.

In stres­ge­ïn­du­seer­de kar­di­o­mi­o­pa­tie ver­an­der die hart se vorm en lyk dit soos ’n ta­kot­soe­bof­les waar­mee Ja­pan­ners see­kat­te vang: bal­lon­vor­mig met ’n klein o­pe­ning waar­deur die see­kat kan in­glip. Dit ver­hin­der die hart om doel­tref­fend saam te trek en die per­soon kry hart­ver­sa­king. Die ti­pie­se simp­to­me van kar­di­o­mi­o­pa­tie is soos dié van ’n hart­aan­val – bors­kas­pyn, druk­king op die bors en kort­a­sem­rig­heid. Ge­luk­kig her­stel die mees­te men­se vol­ko­me met die kor­rek­te be­han­de­ling.

As die hoe­veel­heid a­dre­na­lien wat af­ge­skei word, hoog bly en die hart word nie met me­di­sy­ne on­der­steun nie, kan die or­gaan ge­heel en al in­gee.

Of Su­na se hart in­ge­gee het uit­sluit­lik weens s­tres en of sy dalk ’n on­der­lig­gen­de hart­toe­stand ge­had het wat die stres­si­tu­a­sie ver­er­ger het, is vrae wat net met ’n lyk­skou­ing be­ant­woord kan word.

Wat uit­ein­de­lik op haar dood­ser­ti­fi­kaat ge­skryf sal staan, is eg­ter nie be­lang­rik nie. Dit is die oor­ver­do­wen­de stil­te van haar stem wat nou be­lang­rik is, ver­al vir dié wat by­ge­dra het tot haar ver­hoog­de a­dre­na­lien­vlak­ke. Dr. M­öd­ler is ’n me­di­kus, kuns­te­naar en skry­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.