Da­le­ne Mat­thee sê des­tyds aan hom ‘Fie­la’ is in goeie han­de

Beeld - - Vrydag - – Teré­sa Coet­zee

Dit was 1996 toe die i­dee by die te­a­ter­man Frans Swart op­ge­kom het om die skry­wer Da­le­ne Mat­thee se blits­ver­ko­per Fie­la se kind op die plan­ke te bring.

Hy was des­tyds die di­rek­teur van die S­prings-stads­te­a­ter en hoe­wel die boek tóé al reeds in ’n to­neel­stuk ver­werk was, was daar baie po­le­miek daar­rond­om en Mat­thee het ge­wei­er om weer die reg­te toe te staan.

“Ek was maar ’n snot­kop-re­gis­seur­tjie van 36 jaar oud toe ek een­dag vir Da­le­ne ge­bel en haar ge­soe­bat het vir ’n af­spraak. Sy was aan­vank­lik glad nie ge­neë nie, maar het nie­te­min la­ter in­ge­stem met die waar­sku­wing dat sy be­sig is en net ’n half­uur vir my het.

“Ek is net daar op die vlieg­tuig Ge­or­ge toe, waar­van­daan ek met ’n huur­mo­tor Har­ten­bos toe is, waar Da­le­ne ge­bly het,” ver­tel Swart.

Mat­thee was al­tyd be­kend daar­voor dat sy maar ’n kwaai ou vrou was wat nie non­sens van e­nig­ie­mand ge­vat het nie.

“Toe sy die deur oop­maak, was haar eer­ste re­ak­sie dat ek nog ver­skrik­lik jonk is. Ek dink sy het ge­dink ek is Fran­cois Swart, die groot re­gis­seur wat al die o­pe­ras ge­doen het toe ek haar ge­bel het,” ont­hou hy.

Sy het hom weer ge­waar­sku dat sy nie baie tyd het nie.

Swart ver­tel Mat­thee het in daar­die tyd so­wat 200 op­ge­stop­te steek­haar­beer­tjies ge­had en elk­een van dié beer­tjies was soos haar kin­ders. Hul­le het na­me en (vol­gens haar) per­soon­lik­he­de ge­had en daar­die dag was een van die beer­tjies op die­self­de bank waar­op hy gaan sit het.

“Ek was só se­nu­wee­ag­tig dat ek die beer­tjie op my skoot ge­tel en be­gin vryf het,” ver­tel Swart en lag.

Maar dié ge­baar het vol­gens hom die deur­slag ge­gee en Mat­thee het net daar van hom be­gin hou. Sy het toe­stem­ming ge­gee dat hy die to­neel­stuk Fie­la se kind kon by­me­kaar­sit en op­voer.

Hoe­wel sy vlieg­kaart­jie te­rug Jo­han­nes­burg toe vir die­self­de dag be­spreek was, het Swart daar­die aand saam met Mat­thee en haar man (en die beer­tjies) ge­braai en som­mer daar by hul­le oor­ge­slaap. ’n Heg­te vriend­skap tus­sen hul­le het ge­volg en hul­le was vir ja­re daar­na vrien­de.

“Een van die groot­ste kom­pli­men­te wat ek in my he­le le­we ge­kry het, was toe Da­le­ne voor in my boek vir my ge­skryf het dat sy weet Fie­la is in goeie han­de. Ek sal daar­die bood­skap vir die res van my le­we koes­ter,” sê hy.

Dit was nog al­tyd vir Swart be­lang­rik dat Mat­thee te­vre­de met sy werk moet wees en selfs nou weer, 20 jaar la­ter, was Mat­thee in sy ge­dag­tes toe hy re­gis­seur was van die hui­di­ge Fie­la se kind.

“Da­le­ne was ’n won­der­li­ke vrou. Ons het dik­wels saam in die bos gaan loop en sy het al­tyd die fee­tjies vir my ge­wys. Sy het my na die won­der­wê­reld van die bos ge­neem, die plek­ke waar Fie­la af­ge­speel het,” sê hy.

Fie­la se kind word van­dag om 10:00 en mô­re om 09:00 by die NG Moe­der­ge­meen­te-kerk­saal by die In­ni­bos-kuns­te­fees op­ge­voer.

Die ver­to­ning duur 150 mi­nu­te en kaar­tjies kos R142 elk.

Frans Swart, die ei­e­naar van Le­fra Pro­duk­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.