A­fri­kaans is groot in ‘The Voi­ce’

Eer­s­ko­men­de Son­dag om 17:30 word die fi­na­le e­pi­so­de van van­jaar se The Voi­ce SA op M­Net (DStv­ka­naal 101) uit­ge­saai waar­in die wen­ner aan­ge­wys word. Teré­sa Coet­zee het met die se­we fi­na­lis­te ge­sels.

Beeld - - Vrydag -

Vir 23 we­ke het ons el­ke Son­dag om 17:30 vas­ge­na­el voor die kas­sie ge­sit en deel ge­word van die The Voi­ce SA- gog­ga wat die land ge­byt het. Aan­vank­lik was daar die ou­di­sies waar el­ke af­rig­ter die ge­leent­heid ge­had het om 12 kan­di­da­te te kies.

Daar­na was dit die Batt­les, waar­op die K­nockouts ge­volg het en ein­de­lik het el­ke af­rig­ter vier san­gers ge­had wat hul­le na die reg­streek­se uit­sen­dings by die Mo­sa­ïek-te­a­ter ge­neem het. Van­daar is die san­gers aan die pu­bliek se ge­na­de oor­ge­laat en die stem­pro­ses het be­gin waar die pu­bliek vir hul guns­te­ling­deel­ne­mers kon stem.

Die top-agt is aan­ge­wys en Ten­der Ma­vund­la was die eer­ste deel­ne­mer wat deur die pu­bliek uit­ge­stem is. Lu­ke Lo­vemo­re het ná haar ge­volg en PJ P­re­to­ri­us was vol­gen­de, maar na­dat M-Net be­wus ge­raak het van ’n ge­knoei­e­ry, is P­re­to­ri­us en Lo­vemo­re die ge­leent­heid ge­gee om weer te­rug te keer na die kom­pe­ti­sie en al­bei het die ge­leent­heid aan­ge­gryp.

“Ek is nie vir een oom­blik spyt oor my be­sluit om te­rug te gaan nie,” het P­re­to­ri­us ná Son­dag se ver­to­ning ver­tel en Lo­vemo­re het be­aam dat dit sy heel lek­ker­ste en vol­gens hom bes­te op­tre­de tot dus­ver was.

“Wat ook al ge­beur is ou­kei en al die druk is eint­lik van my af,” het Lo­vemo­re ge­sê.

Nie een van hul­le was vrees­lik uit­ge­spro­ke oor die be­weer­de knoei­e­ry wat plaas­ge­vind het nie en al­bei het ver­tel dat die vyf deel­ne­mers wat oor­ge­bly het werk­lik ver­dien om daar te wees, of daar nou om­stre­den­heid was rond­om die stem­me­ry of nie.

Die pu­bliek het dié week die laas­te kans ge­had om vir hul guns­te­ling­deel­ne­mer van hier­die reeks te stem en Son­dag word die wen­ner van die twee­de The Voi­ce SA aan­ge­wys in die fi­na­le uit­sen­ding. A­fri­kaans is van­jaar groot in hier­die reeks. Vier van die se­we fi­na­lis­te – Fat­man, Ca­ro­li­ne-Gra­ce Br­üs­sow, PJ P­re­to­ri­us en Sa­man­tha Le­o­nard – is A­fri­kaans­spre­kend. Fat­man het selfs op aan­be­ve­ling van sy af­rig­ter, Kahn Mor­bee, drie A­fri­kaan­se lied­jies in die reeks ge­sing, naam­lik Kurt Dar­ren se “Kap­tein”, Gé Kor­sten se “Lief­ling” en Ka­ren Zoid se “As mu­siek be­gin speel”. Le­o­nard het ook die volk ver­ras met haar weer­ga­we van Jan Blohm se “Groen trui” en sy het ag­ter­na ver­tel dat dié lied be­slis ’n goeie keu­se vir haar was. “Om­dat ek vir ja­re lank al in P­re­to­ria sing, is baie van my on­der­steu­ners A­fri­kaan­se men­se en ‘Groen trui’ is so ’n krag­ti­ge lied dat dit tot e­ni­ge taal sal spreek,” het sy ver­tel. Craig Lu­cas wat van El­sies­ri­vier in die Kaap kom se pa is A­fri­kaans­spre­kend en hy het on­langs ’n vi­deo op Facebook ge­plaas waar­op hy “Li­sa se kla­vier” van Koos Kom­buis sing.

Die Zim­bab­wi­ër Josh Ans­ley is die e­nig­ste deel­ne­mer wat nie reg­tig A­fri­kaans mag­tig is nie. “Maar dit be­te­ken nie dat ek nie A­fri­kaans sal sing nie, hoor!” skerm hy.

“Ek weet pre­sies hoe groot die A­fri­kaan­se mark is en baie van die men­se wat na my kom luis­ter het in die ja­re wat ek by die Bar­ny­ard­te­a­ter op­ge­tree het, was A­fri­kaans. Ek sal baie graag ’n A­fri­kaan­se lied wil op­neem en vir men­se wys dat ek nie net rock­mu­siek van die 1980’s kan sing nie.”

Selfs al is die reeks nog nie eens klaar nie, het hier­die se­we deel­ne­mers se le­we reeds hand­om­keer be­gin ver­an­der.

P­re­to­ri­us het reeds in Sep­tem­ber ’n ver­to­ning in Se­cun­da saam met Bob­by van Jaars­veld op sy ka­len­der en Craig Lu­cas het die af­ge­lo­pe week sy werk as ’n be­plan­ner be­dank om sy mu­siek­loop­baan en droom vol­tyds te volg.

“Die een ding wat The Voi­ce my ge­leer het, is om nie bang te wees om nu­we goed te pro­beer nie en dat ’n mens kan­se moet vat as jy suk­ses wil be­reik.

“Ek wou eint­lik glad nie vir The Voi­ce in­skryf nie, want ek het eer­lik nie ge­dink ek staan ’n kans nie. Nie in my wild­ste dro­me het ek ge­dink dat ek tot hier sal kom nie,” sê Lu­cas.

Vir Br­üs­sow het din­ge ook ge­beur. Sy ver­tel sy kan nou nog nie glo dat sy skie­lik oor die 6 000 vol­ge­lin­ge het op In­sta­gram nie en die laas­te paar we­ke het sy meer as 2 000 vriend­skap­ver­soe­ke op Facebook ge­kry.

“Ek is ook ge­vra om op 30 Sep­tem­ber die volks­lied by een van die groot rug­by­wed­stry­de te sing. Ek dink dis ’n wed­stryd tus­sen Aus­tra­lië en Suid-A­fri­ka. Wat ’n on­ge­loof­li­ke voor­reg!” ver­tel sy op­ge­wek.

Ans­ley het ver­tel die blin­de ou­di­sies was die vrees­aan­ja­end­ste er­va­ring van sy he­le le­we. Hy kan nie op­hou ver­tel hoe won­der­lik al die men­se was met wie hy die laas­te paar maan­de te doen ge­kry het nie – van die teg­nie­se men­se wat ag­ter die skerms werk tot die af­rig­ters, sy me­de­deel­ne­mers en selfs die deur­wag­te.

Fat­man het selfs op aan­be­ve­ling van sy af­rig­ter, Kahn Mor­bee, drie A­fri­kaan­se lied­jies in die reeks ge­sing.

So lyk die top­se­we deel­ne­mers wat eer­s­ko­men­de Son­dag in die fi­na­le e­pi­so­de van The Voi­ce SA mee­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.