Wyn­and sing nou ook oor Piet By­le­veld

Beeld - - Vrydag - AJ Op­per­man

Saam met die af­stof van sy be­kend­ste lied, “Ka­tri­na”, het die san­ger Wyn­and S­try­dom nog ’n be­ken­de naam, dié van ’n baas­speur­der, op sy eer­ste so­lo-al­bum in vier jaar by­ge­voeg.

Die lied­jie “Piet Byl” het ge­spruit uit die ver­vaar­di­ger Ru­an T­heron se lees van Piet By­le­veld se bi­o­gra­fie.

Dit is die eer­ste snit op Ka­tri­na: Dis ’n man­ne­ding.

“Ons het reeds in Ja­nu­a­rie die mu­siek­vi­deo ver­film,” sê S­try­dom, “maar toe het ons ge­hoor hy is baie siek. En ons het be­sluit om dit nie uit te reik nie.” By­le­veld is in­tus­sen oor­le­de. “Ek dink die tyd kom nou na­der om dit wel uit te reik. Dit is maar ’n tong-in-die-kies-lied­jie. Dis be­lang­rik dat men­se sal be­sef dit kom van ’n goeie plek af. Ie­mand wat re­spek vir Piet ge­had het. Hy is nou ’n le­gen­de. Men­se het ook al ge­sê hy was ’n baie grap­pe­ri­ge ou. ’n Mens sou wou dat hy (die lied) hoor. Maar toe het ons nou nie die ge­leent­heid ge­had nie.”

Die dub­bel­al­bum se an­der CD be­staan uit Wes­kus-sto­ries uit die mond van Alan Hug­hes wat saam met S­try­dom aan die al­bum ge­werk het en die an­der snit­te op die al­bum is so ge­kies dat men­se dit ken en daar­mee kan saam­sing: on­der meer “The Gam­bler”, “You’re My Best F­riend”, “Li­sa se kla­vier” en “Fo­re­ver in Blue Je­ans”.

Van on­nie tot san­ger

En toe ver­an­der hy sy loop­baan van la­er­skool­on­der­wy­ser na san­ger.

“Ek het aan die La­er­skool Gars­fon­tein in P­re­to­ria skool- ge­hou toe die lied met die li­rie­ke ge­skryf deur An­ton My­burgh oor my pad ge­kom het. Ek het dit ba­sies ge- co­ver en toe word dit so ’n groot tref­fer.”

’n Sang­loop­baan was nie sy mik­punt nie.

“Ek het maar om ’n ta­fel vir men­se ge­sing en hul­le het my aan­ge­moe­dig. So het dit ge­kom dat ek op ’n dag be­sluit het om dit ’n go te gee. Nou kom daar al men­se vir wie ek skool­ge­hou het na kon­ser­te toe en sê ‘mid­dag, me­neer’. Dan weet ek ek het ook ou­er ge­word.”

Hy word van­jaar 42. Vir on­ge­veer 30 jaar daar­van was P­re­to­ria die plek waar hy ge­woon het. Hy en sy vrou, die san­ge­res C­he­reé, kom nog baie na die Ja­ka­ran­da­stad, al bly hul­le al 11 jaar in Lan­ge­baan.

“Die af­ge­lo­pe vier jaar het ek en C­he­reé maar meer aan­dag ge­gee aan ons du­et­pro­jek­te. Ons moet al­tyd die goed mooi be­stuur. Ons al­bei het so­lo­loop­ba­ne.

“Ek dink ons het baie groot re­spek vir me­kaar as mu­si­kan­te. Om­dat ons ook ge­troud is, dink ek ons is ver­by die punt waar jy voel jy meng in. Dis op­bou­en­de raad. Ek sal haar vra dink sy hier­die lied gaan werk? Sal dit my pas? In wat­ter sleu­tel moet ek hom sing? Ek het re­spek vir haar en wat sy be­reik het en haar mu­si­ka­le ag­ter­grond.”

Sy sing al van­dat sy ne­ge jaar oud was en sy is veel meer van ’n eks­tro­vert as haar man.

“Ek is nie eint­lik ’n groep­mens nie. Dis lek­ker vir my om met een mens op ’n slag te con­nect.”

Oor­nag Wes­kus toe

“Ons het am­per oor­nag ná ses maan­de in die Kaap daar­heen ver­huis son­der om eint­lik aan die prak­tie­se re­ë­lings te dink van met kon­ser­te toer. Ons was ses maan­de in die Kaap. Maar die Wes­kus het sy be­ko­ring. Daar voel ek ek kan af­ska­kel. Ons kin­ders word ook daar groot.”

Hul­le is die ou­ers van twee dog­ters, Tay­lor-Ho­pe (6) en Bel­la-Joy (4).

S­try­dom was met die on­der­houd in Jo­han­nes­burg, maar is tans in M­bom­be­la by die In­ni­bos-kuns­te­fees waar hy en Hug­hes nog van­dag om 18:00 en mô­re om 14:00 op­tree in Dis ’n man­ne­ding. Hug­hes ver­tel eg­te Wes­kus- en Na­ma­kwa­land­sto­ries ter­wyl S­try­dom van sy lied­jies gaan sing.

S­try­dom is ’n ver­tol­ker van sto­ries met sy mu­siek.

“Ek wil hê men­se moet luis­ter. Dis lek­ker om te sien men­se ge­niet dit, maar dis vir my ver­vul­lend om voor ’n ge­hoor te staan wat sit en luis­ter en in­neem. Dit werk vir my. Ek het op 25, 26 eers reg­tig in hier­die rig­ting (mu­siek) be­gin dink. ’n Mens is dank­baar dat jy nou al vir 15 jaar wel ’n loop­baan hier­uit kon maak.” ) Vyf le­sers kan elk ’n ko­pie van Wyn­and S­try­dom se al­bum Ka­tri­na: Dis ’n man­ne­ding wen. SMS Wyn­and ge­volg deur jou naam en a­dres na 35896. SMS’e kos R1,50.

Wyn­and S­try­dom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.