Win­ter­spys­kaart vir lek­ker groot be­derf

Beeld - - Vrydag -

As jy jou reg­tig wil be­derf met ’n on­ver­geet­li­ke eet-er­va­ring, loer in by Max­i­mil­lien by die Da Vin­ci-ho­tel op die Nel­son Man­de­lap­lein in Sand­ton. Dié re­stau­rant se hoof­sjef, Syl­ves­ter Nair, het on­langs sy win­ter­spys­kaart be­kend ge­stel. Ge­reg­te soos ’n dik en geu­ri­ge see­kos­sop en bot­ter­hoen­der­ker­rie sal die koue laat wyk.

Max­i­mil­lien spog met ’n ge­so­fis­ti­keer­de at­mos­feer ge­ïn­spi­reer deur ’n New York-bis­tro en dit is heer­lik om ag­ter­oor op een van die leer­ban­ke te sit en ’n gla­sie wyn te ge­niet ter­wyl die mooi­ste mu­siek van die kla­vier in een hoek vloei.

Ons ete het be­gin met bros ca­la­ma­ri ge­geur met Ca­juns­pe­se­rye en voor­ge­sit met ’n murg­pam­poen­tjie-en-wil­des­am­pi­oen-ros­ti vir my, en var­klies met ap­pel-en-kool­slaai en ge­rook­te bot­ter­skor­sie­pu­ree vir my we­der­helf.

Die ca­la­ma­ri het ’n lek­ker byt wat ge­tem word deur die meer neu­tra­le smaak van die ros­ti. Die var­klies het my we­der­helf in ek­sta­se ge­had en die ef­fens soet smaak van die slaai en pu­ree is heer­lik saam met die geu­ri­ge vark­vleis.

Vir hoof­ge­reg kon ek nie an­ders as om die Noor­se salm ge­po­sjeer in klap­per­melk en voor­ge­sit met bok choy en aan­ge­suur­de room te be­stel nie. Die salm smelt let­ter­lik in ’n mens se mond ter­wyl die stuk­kie bros vel wat daar­mee saam voor­ge­sit word vir lek­ker teks­tuur sorg.

My man het die 300 g Wagyu-kruis­skyf be­stel met sky­fies en ’n mos­terd-en-wil­des­am­pi­oen­sous. Wagyu is vleis van Ja­pan­se bees­te en ja­re lank is net die Ja­pan­se kei­ser, sy fa­mi­lie en sa­moe­rai-kry­gers toe­ge­laat om dié vleis te eet. Dit is bui­ten­ge­woon sag en sap­pig van­weë die hoë per­sen­ta­sie vet in die vleis.

Die kruis­skyf was murg­sag en per­fek me­di­um­gaar soos ver­soek. Die sous was prop­vol geur, maar am­per on­no­dig saam met die smaak­li­ke vleis.

Vir na­ge­reg sou ons graag die sjo­ko­la­de-koe­pel met sjo­ko­la­de-fon­dant, tuis­ge­maak­te room­ys en ka­ra­mel­sous wou pro­beer, maar ons het ons reeds knup­pel­dik ge­ëet.

Ons het toe net die baie lig­te ka­neel-mil­le-feuil­le met ton­ka­boon­tjie-vla­vul­sel, pa­pa­ja-jel­lie­tjies en kar­ring­melk­sor­bet be­stel om te deel.

Max­i­mil­lien se pry­se is bil­lik vir die ge­hal­te kos wat jy kry – voor­ge­reg­te kos tus­sen R65 en R100 (met die uit­son­de­ring van pan­ge­braai­de foie gras met truf­fel­o­lie waar­voor jy R190 sal op­dok), hoof­ge­reg­te wis­sel van R120 vir by­voor­beeld bot­ter­hoen­der­ker­rie tot R380 vir die 300 g Wagyu-kruis­skyf. Na­ge­reg­te kos tus­sen R55 en R100. ’n Ete by dié re­stau­rant is per­fek vir be­derf, maar ook nie te bui­ten­spo­rig as die lus vir ’n ete van uit­staan­de ge­hal­te jou beet­pak nie.

Max­i­mil­lien is ook oop vir smul­lek­ker ont­byt en is per­fek ge­leë vir ’n sa­ke­mid­dag­e­te in die hart­jie van Sand­ton. ) Max­i­mil­lien is ge­leë in die Le­ga­cy Cor­ner-sen­trum op Nel­son Man­de­la-plein, hoek van Mau­de- en Vyf­de Straat, Sand­ton. Vir meer in­lig­ting be­soek max­i­mil­lien.co.za of ska­kel 011 292 7111. – Kar­la Jan­se van Vuur­en

Die Noor­weeg­se salm ge­po­sjeer in klap­per­melk is pu­re be­derf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.