Bob­by se ge­sig bin­ne­kort o­ral

Beeld - - Vrydag - Si­mon Sonn­keus

Bob­by van Jaars­veld sal bin­ne­kort weer op die kas­sie te sien wees in ’n reeks nu­we TV-pro­gram­me.

Vol­gens Van Jaars­veld sal die ver­fil­ming van die twee­de reeks van Bob­by en Kar­lien: In jou skoe­ne bin­ne­kort be­gin.

Hy sê hy sal ook te sien wees in twee ver­skil­len­de ko­me­dies, ter­wyl daar ’n moont­lik­heid is dat hy bin­ne­kort ook weer in ’n rol­prent sal speel.

“Ek sien baie uit na wat kom. Be­ne­wens die TV-ver­sky­nings is ek ook be­sig om ’n nu­we al­bum op te neem.”

Van Jaars­veld sal Son­dag vir ou­laas te sien wees as ’n af­rig- Fo­to’s: SI­MON SONNEKUS ter op The Voi­ce SA, waar sy twee ta­len­te, Josh Ans­ley en Ca­ro­li­ne-Gra­ce Br­üs­sow, sal op­tree in die werk­lik­heids­reeks se eind­stryd.

Hy sê hy glo dié twee het ’n baie goeie kans om die sang­kom­pe­ti­sie te wen.

“So­wel Josh as Ca­ro­li­ne kan hom vat. Eint­lik ver­dien al se­we deel­ne­mers in Son­dag se eind­stryd om te wen, maar daar kan net een wees. It’s a­nyo­ne’s ga­me nou­dat dit in die pu­bliek se han­de is.”

Al het men­se in die loop van die reeks gal ge­braak oor Ca­ro­li­ne-Gra­ce, sê Van Jaars­veld hy steur hom nie aan hul­le nie.

“Met men­se wat an­der oor­deel son­der om in daai per­soon se skoe­ne te loop, wil ek nie te doen kry nie. Ca­ro­li­ne-Gra­ce is een van die bes­te men­se wat jy in jou le­we sal ont­moet. Ek’t haar nog nooit iets slegs van e­nig­ie­mand hoor sê nie. Ek is so bly sy is deel van my span, want ek wil my met sul­ke goeie men­se om­ring.”

Van Jaars­veld het eer­gis­ter­aand in die Huis­ge­noot Af­skop­kon­sert op die In­ni­bos-fees in Nel­spruit op­ge­tree.

“Dit is al­tyd lek­ker om te­rug te kom na In­ni­bos. Die fees is al­tyd een vir die boe­ke en in die oor­tref­fen­de trap.”

Van Jaars­veld meen A­fri­kaan­se kuns­te­fees­te is die i­de­a­le plek waar kin­ders hul tan­de kan slyp.

As sy kin­ders een­dag mu­siek wil maak, sal hy hul­le aan­raai om op kuns­te­fees­te op te tree, sê hy.

He­melbe­sem, S­ha­leen Sur­tie­Ri­chards en Kat­le­go Ma­boe tree saam op in die Huis­ge­noot Af­skop­kon­sert wat eer­gis­ter­aand op die In­ni­bos­fees ge­hou is.

Bob­by van Jaars­veld eer­gis­ter­aand op In­ni­bos in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.