‘Mag jy in vre­de wag­gel, di­va Dee...’

Beeld - - Vrydag - Car­ryn­Ann Nel

’n Be­ken­de en ge­lief­de pikkewyn wat so­ver be­kend die oud­ste A­fri­ka-pikkewyn ter wê­reld was, is dood.

Die 40-ja­ri­ge Dee is Dins­dag in uS­ha­ka Sea Wor­ld in Dur­ban dood.

Dee is aan­vank­lik by die re­ha­bi­li­ta­sie­ge­rief van die a­kwa­ri­um in Oos-Lon­den in­ge­neem na­dat sy in 1980 op ’n strand in OosLon­den uit­ge­spoel het, lui ’n ver­kla­ring.

Ná tal­le mis­luk­te po­gings om haar vry te laat, is sy per vlieg­tuig na Sea Wor­ld in Dur­ban ge­neem waar sy haar by die a­kwa­ri­um se pik­ke­wyn­ko­lo­nie aan­ge­sluit het.

Sy was toe so­wat drie jaar oud en het gou ’n band met Te­aBag, die e­nig­ste pik­ke­wyn­man­ne­tjie in die ko­lo­nie, ge­smee.

“Ter­wyl hul­le by me­kaar was, was hul­le ’n for­mi­da­be­le paar­tjie.”

In daar­die sta­di­um is ge­glo dat pik­ke­wy­ne die res van hul le­we net met een maat paar. “Dee was eg­ter die uit­son­de­ring op dié re­ël en het in die loop van haar le­we ’n he­le aan­tal maats ge­had.”

Sy het Te­aBag ver­ruil vir ’n jon­ger weer­ga­we, Si­z­we, aan wie sy tot sy dood ge­trou ge­bly het. Ná sy dood het sy eg­ter nie op haar laat wag nie en som­mer gou ’n an­der maat ge­vind, hier­die keer ’n nog jon­ger knaap, O­ce­an.

“Hul­le was se­we jaar saam voor­dat hy haar die rug toe­ge­keer het. Sy was toe op 37 jaar weer en­kel­lo­pend. Sy het hier­na weer ’n maat ge­vind, die baie be­sker­men­de Lar­nie, wat by haar ge­bly het tot­dat sy dood is.”

Dee was haar le­we lank die ma­tri­arg van die ko­lo­nie en het die re­spek van haar tyd­ge­no­te af­ge­dwing, lui die ver­kla­ring.

“Sy het haar maats ge­help, was baie pre­sies oor die groot­te en teks­tuur van haar kos en het die wa­ter ge­mo­no­po­li­seer wan­neer sy wou. Sy was nooit bang om aan­spraak te maak op dit wat sy ge­voel het haar toe­kom nie.”

Hoe­wel daar met lief­de na haar as ’n “di­va” ver­wys is, het sy ook ’n vry­ge­wi­ge, sag­ter, in­ne­men­der kant ge­had.

Sy het deur die ja­re tien kui­kens ge­had, was ’n op­let­ten­de, be­sker­men­de ou­er wat druk­kies ge­niet het en son­der om te skroom haar klip­pies en la­ven­tel aan be­hoef­ti­ger pik­ke­wy­ne ge­gee het.

Dee is die laas­te paar jaar vir ou­der­dom­ver­wan­te kwa­le be­han­del en het saam met Lar­nie in ’n spe­si­aal ont­werp­te ge­bied van die ko­lo­nie, weg van die la­waai­e­ri­ge jon­ger pik­ke­wy­ne, ge­slaap. Sy is twee we­ke voor haar dood uit die ko­lo­nie ver­wy­der om­dat haar ge­sond­heid ag­ter­uit­ge­gaan het.

“Dit is met ’n swaar hart dat die per­so­neel van uS­ha­ka Sea Wor­ld tot siens sê aan ’n fe­no­me­na­le da­me wat nie net die hart van tal­le pik­ke­wyn­man­ne­tjies ge­steel het nie, maar ook in die hart van al­mal met wie sy kon­tak ge­had het, ge­kruip het.

“Mag jy in vre­de wag­gel . . .”

Die 40­ja­ri­ge Dee, moont­lik die oud­ste A­fri­ka­pikkewyn, is van­dees­week dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.