W­Kaap be­gin pro­jek vir her­bou­ing ná Tuin­roe­te­bran­de

Beeld - - Vrydag - Ja­son Fe­lix

Die her­bou­ing van die Tuin­roe­te-ge­bied in die Suid-Kaap gaan nou deur mid­del van ’n ge­sa­ment­li­ke pro­jek plaas­vind.

He­len Zil­le, Wes-Kaap­se pre­mier, het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die Tuin­roe­te-her­bou­ings­pro­jek be­gin is.

’n Stra­te­gie gaan in sa­me­wer­king met die mu­ni­si­pa­li­tei­te op die Tuin­roe­te, ge­meen­skap­pe en sken­kers uit die pri­va­te sek­tor ont­wik­kel word om die ge­bied te her­bou en te i­den­ti­fi­seer waar o­pen­ba­re en pri­va­te geld ten bes­te be­stee kan word.

Zil­le sê die bran­de in Ju­nie het die Tuin­roe­te ne­ga­tief ge­raak. “Men­se is dood en hui­se in die Knys­na-ge­bied, as­ook in P­let­ten­berg­baai, is be­ska­dig. Die om­ge­wing is erg ver­niel. Baie men­se het hul werk ty­de­lik ver­loor, ver­al in die toe­ris­me­sek­tor,” sê Zil­le.

Die pro­jek sal deur Alan Win­de, LUR vir e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de, ge­lei word en dr. Hil­de­gar­de Fast sal dit ko­ör­di­neer.

Vol­gens Zil­le was Fast voor- heen die de­par­te­ments­hoof van plaas­li­ke re­ge­ring wat die ram­p­re­ak­sie­pro­ses ten ty­de van die droog­te van 2009-’10 in die E­den­streek ge­ko­ör­di­neer het.

Die pro­jek sal on­mid­del­li­ke by­stand aan mu­ni­si­pa­li­tei­te bied vir ge­bou­goed­keu­ring en die ko­ör­di­ne­ring van hu­ma­ni­tê­re werk.

Vaar­dig­heids­pro­jek­te sal be­gin word wat plaas­li­ke in­wo­ners in staat sal stel om deel van die her­bou­ings­pro­ses te wees.

“Ter­wyl ons van hier­die ramp her­stel, het ons die ge­leent­heid om ’n sterk e­ko­no­mie te bou, om vol­hou­ba­re werk­ge­leent­he­de en ’n meer ver­e­nig­de ge­meen­skap te skep.

“Ons kan dit net doen as die re­ge­ring, die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing en die pri­va­te sek­tor krag­te saam­snoer om ’n toe­koms vir die Tuin­roe­te te skep wat voor­spoe­di­ger is as wat die voor­heen was.”

Zil­le sê die pro­vin­si­a­le span sal by­ko­men­de na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le de­par­te­men­te be­trek en die Knys­na-mu­ni­si­pa­li­teit on­der­steun met die werk wat reeds aan die gang is, sê Zil­le.

“Dit is tyd om te her­bou. Ek het ’n week ge­le­de ’n span na die streek ge­stuur om te be­paal hoe die pro­vin­sie ver­de­re by­stand kan le­wer.

“Dit is dui­de­lik dat die Tuin­roe­te noe­mens­waar­di­ge on­der­steu­ning in die her­bou­ings­pro­ses be­no­dig,” sê sy.

Die om­ge­wing is erg ver­niel. Baie men­se het hul werk ty­de­lik ver­loor.

He­len Zil­le, Wes­Kaap­se pre­mier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.