M­si­man­ga se muur vir eers nie ge­bou

Beeld - - Vrydag - Seug­net van Zyl

Die muur wat Sol­ly M­si­man­ga, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, as ’n moont­li­ke op­los­sing voor­ge­stel het vir die on­lang­se ge­weld in Ma­hu­be Val­ley in Ma­me­lo­di-Oos bui­te P­re­to­ria, is vir eers van die baan.

Ver­skeie hui­se en plak­kers­hut­te is so­wat twee we­ke ge­le­de deur pe­trol­bom­me be­ska­dig toe ’n ba­klei­e­ry tus­sen die in­wo­ners van die towns­hip en hul bu­re oor­kant die pad in Moun­tain View, ’n on­wet­ti­ge in­for­me­le ne­der­set­ting, ont­staan het.

Die twee ge­meen­skap­pe word deur die hoof­pad na Cul­li­nan en K­waMhlan­ga ge­skei.

In­wo­ners van Ma­hu­be Val­ley, wat in for­me­le hui­se woon, sê die in­wo­ners van die in­for­me­le ne­der­set­ting “steel krag en wa­ter”.

Die span­ning het oor­ge­kook toe die groe­pe me­kaar die skuld ge­gee het vir ’n trans­for­ma­tor wat be­ska­dig is.

Hul­le het paaie met klip­pe en bran­den­de mo­tor­ban­de ver­sper en die twee groe­pe het ook pe­trol­bom­me na me­kaar se hui­se ge­gooi.

Mand­la N­ko­mo, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir be­hui­sing en mens­li­ke ne­der­set­tings in Tshwa­ne, het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê ná ’n ver­ga­de­ring ver­le­de week met ver­teen­woor­di­gers van Moun­tain View is daar be­sluit om die plak­kers­hut­te for­meel te tel en te merk so­dat ba­sie­se diens­te, waar­on­der mo­bie­le toi­let­te, aan die in­wo­ners ver­skaf kan word.

Die on­wet­ti­ge ver­bin­dings is in­tus­sen ook ver­wy­der.

In­wo­ners van Ma­hu­be Val­ley het ge­sê dit is nie vei­lig vir hul­le om die ver­ga­de­ring by te woon nie.

N­ko­mo sal a­part met hul­le ver­ga­der.

M­si­man­ga het kort ná die ge­weld op sy Facebook-blad ge­skryf 200 plak­kers­hut­te is se­dert A­pril ver­le­de jaar aan die oor­kant van Ma­hu­be Val­ley op­ge­rig.

“Dié in­wo­ners het be­sluit om e­lek­tri­si­teit, wa­ter- en ri­o­le­ring­stel­sels on­wet­tig aan die na­bye hui­se se eie me­ters te kop­pel.

“Dit het be­te­ken dat dié huis­ei­e­naars met hoë wa­te­ren krag­re­ke­nin­ge en lek­ken­de py­pe sit,” lui M­si­man­ga se in­skry­wing.

Hy het ge­sê die on­wet­ti­ge plak­kers kan in­ge­vol­ge die Wet op die Voor­ko­ming van On­wet­ti­ge Uit­set­ting en On­reg­ma­ti­ge Be­set­ting van Grond nie ver­wy­der word nie, al het die wet­ti­ge huis­ei­e­naars daar­op aan­ge­dring.

Hy het met die voor­stel van ’n “buf­fer” vo­ren­dag ge­kom na­dat hy met al­bei ge­meen­skap­pe ge­praat het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.