Be­to­gers ruk op na Ham­burg

Dui­sen­de le­de van po­li­sie ont­plooi

Beeld - - Vrydag - – Reuters

Die op­roer tus­sen be­to­gers en po­li­sie by die G20-spits­be­raad in Ham­burg, Duits­land, is nié die prent­jie wat dr. An­ge­la Mer­kel, bond­skan­se­lier, graag die wê­reld wil in­stuur nie.

Mer­kel hoop dat die suk­ses van die G20-be­raad, wat van­dag be­gin, haar in­ter­na­si­o­na­le beeld ’n ste­wi­ge hup­stoot sal gee – wat sy tot haar voor­deel kan ge­bruik vir wan­neer sy weer in Sep­tem­ber ver­kies­baar is.

Mer­kel het gis­ter ’n uur lank met pres. Do­nald Trump van die VSA ver­ga­der. Hul­le het die on­der meer Noord-Ko­rea, die Mid­de-Oos­te en die kon­flik in die Oe­kra­ï­ne be­spreek.

By­kans ’n uur la­ter het die po­li­sie slaags ge­raak met be­to­gers teen ka­pi­ta­lis­me.

Die po­li­sie het met wa­ter­ka­non­ne los­ge­brand op die be­to- gers wat hul­le met bot­tels be­stook het.

Trump en an­der wê­reld­lei­ers is met hul aan­koms be­groet met slag­spreu­ke soos “Wel­kom in die hel”.

Mer­kel het ’n kans ge­waag deur die be­raad van twee dae in Ham­burg te hou – ge­deel­te­lik om aan die wê­reld te wys dat groot be­to­gings ’n plek in ’n ge­son­de de­mo­kra­sie het – maar sy het moont­lik die om­vang van die be­to­ging on­der­skat.

Voor­dat sy met Trump ge­sels het, het sy ge­sê sy sal se­ker maak dat die be­lan­ge van Duits­land en Eu­ro­pa ge­dien word, maar by­ge­voeg: “Aan die an­der kant, as gas­he­re sal ons al­les doen om kom­pro­mie te be­reik.”

Dit is ook die eer­ste keer dat Trump an­der wê­reld­lei­ers weer sien na­dat hy die VSA ver­le­de maand aan die Pa­rys-kli­maat­oor­een­koms ont­trek het.

Dit is ook die eer­ste keer dat Trump en pres. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land van aan­ge­sig tot aan­ge­sig ont­moet. Hul ver­ga­de­ring van­dag sal fyn dop­ge­hou word te mid­de van die storm in die VSA oor Rus­land se be­weer­de in­vloed op die A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­ver­kie­sing ver­le­de jaar.

Mer­kel het ge­sê ’n oor­een- koms oor kli­maat is ’n moont­lik­heid.

“Daar is ver­skeie op­sies wat be­spreek kan word. Ons weet die VSA het ont­trek. An­der le­de . . . of so ver ek weet, baie an­der le­de, staan nog by die oor­een­koms,” het sy ge­sê.

Na­ma­te lei­ers met in­for­me­le ge­sprek­ke be­gin het, stroom dui­sen­de be­to­gers van oor Eu­ro­pa heen na Ham­burg.

Die be­to­gers voel die G20 het nie op­los­sings ge­vind vir baie van die vraag­stuk­ke wat wê­reld­vre­de be­dreig nie.

Die po­li­sie ver­wag so­wat 100 000 be­to­gers in die stad, met 8 000 wat vol­gens die po­li­sie blyk­baar ge­reed is om ge­weld te ge­bruik.

So­wat 2 000 po­li­sie­le­de is ont­plooi.

As gas­vrou moet Mer­kel pro­beer om een­stem­mig­heid tus­sen die lei­ers te be­reik oor kli­maat, maar ook oor han­del – ’n sen­si­tie­we kwes­sie te mid­de van Trump se hou­ding van “A­me­ri­ka eer­ste”.

“Ons is ver­e­nig in ons doel om mul­ti­la­te­ra­le ver­hou­din­ge op die G20-be­raad te ver­sterk. Ons het ’n oop sa­me­le­wing no­dig, ver­al oop han­dels­ka­na­le,” het Mer­kel vroe­ër in Ber­lyn ge­sê.

Fo­to: AP

Po­li­sie­le­de en be­to­gers raak slaags in Ham­burg, Duits­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.