Uit­koms wink vir le­de van dié klubs

Beeld - - Vrydag - – A­let van der Walt

Goeie nuus wag moont­lik op men­se wat al ja­re aan va­kan­sie­klubs be­hoort, maar nie uit dié kon­trak­te kan kom nie, sê adv. An­ton Al­berts, voor­sit­ter van die VF Plus.

Al­berts sê ná har­de werk om on­ge­rymd­he­de in die va­kan­sie­klub-be­dryf te laat on­der­soek, het die Na­si­o­na­le Ver­brui­kers­kom­mis­sie (NVK) be­kend ge­maak dat daar in al die pro­vin­sies ver­ga­de­rings ge­hou sal word waar­op on­te­vre­de ver­brui­kers hul stem kan laat hoor.

Dié vor­de­ring bring hoop vir le­de van klubs wat deur die ja­re heen deur kon­trak­te ge­bind is.

Wan­neer le­de nie meer aan die klubs wil be­hoort nie, suk­kel hul­le om die kon­trak­te te ver­koop of te kan­sel­leer en sty­gen­de ad­mi­nis­tra­sie­kos­te maak dit dik­wels vir pen­si­oen­trek­kers on­be­kos­tig­baar om le­de te bly, sê Al­berts.

Die be­skik­ba­re da­tums en plek­ke is: ) K­waZu­lu-Na­tal: 24 tot 27 Ju­lie; ) Ma­fi­keng: 14 en 15 Au­gus­tus; ) Po­lo­kwa­ne: 21 en 22 Au­gus­tus; ) Oos-Kaap: 28 tot 30 Au­gus­tus; ) Gau­teng: 4 tot 7 Sep­tem­ber; ) Noord-Kaap: 11 tot 27 Sep­tem­ber; en ) Wes-Kaap: 10 tot 15 Ju­lie.

Kon­tak Neels Hat­tingh by neels@vf­plus.org.za of 012 772 4410 vir meer in­lig­ting oor die ver­ga­de­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.